Ken jou terme – Deïsme

Afgelei van: Latyn deus, “god” Deïsme is ‘n teologiese uitgangspunt oor die verhouding tussen die “Skepper” en die natuurlike wêreld. Hiervolgens meng God glad nie in met die natuurlike funksionering van die wêreld nie. Hy laat dit gevolglik toe om te funksioneer volgens die natuurlike wette wat Hy geskep het. Hy is dus in geen opsig […]

Ken jou terme – Teïsme

Afgelei van: Grieks theos, “god” Die begrip het ontwikkel in die sewentiende eeu om onderskeid te maak van die opkomende deïsme, wat voorhou dat God, al is Hy verhewe, nie persoonlik betrokke raak by die skepping nie. Dit probeer antwoorde gee oor drie aspekte, naamlik die bestaan van God, sy wese of aard, en sy verhouding […]

Ken jou terme – Wêreldbeskouing

Oorsprong: Duits Welt, “wêreld” + anschauung, “beskouing”  Dit is die fundamentele oriëntasie of opinie van ‘n individu, groep, kultuur of organisasie op die lewe. Hierdie oriëntasie sluit in godsdiens, filosofie, waardesisteme en etiek as vertrekpunte. Dit verwys dus na ‘n bepaalde raamwerk van idees en oortuigings op grond waarvan ‘n individu, groep of kultuur die bestaanswêreld […]

Ken jou terme – Dei Gratia

Oorsprong: Latin, “deur God se genade” Aanvanklik was dit ‘n sanksionering van die regeermag se outoriteit. Dit is ook slegs gebruik van persone met soewereine mag, en nie afgeleide gesag nie. Die teologiese inhoud van hierdie frase gee uitdrukking aan die oortuiging dat alle lewe, die onderhouding daarvan, krag, en hoop te vind is in […]

Ken jou terme – Marcion

Ook bekend as Marcion van Pontus. Hy was biskop in Sinopus. Hy is een van die bekendste ketters (sien kettery) van die vroeë kerk en die leier van die groep wat bekend sou staan as die “Marcioniete”. Hy het die gnostiek vermeng met sy idees oor die Christelike leer, om te kom tot ‘n heeltemal […]

Ken jou terme – Pneumatologie

Oorsprong: Grieks pneuma, “gees” of “wind” + logia, “spreke”, dus spreke oor die gees. Die Pneumatologie is daardie dissipline in die Teologie wat die leer van die persoon en werk van die Heilige Gees bestudeer. Temas wat gereeld aangeraak word is die wedergeboorte, heiligmaking, die doop met die Heilige Gees, die gawes van die Heilige Gees, […]

Ken jou terme – Protokanonieke Boeke

Oorsprong: Grieks protos, “eerste” + Grieks kanon, “reël” = “eerste kanon” Hierdie begrip moet verstaan word in terme van die onderskeid wat histories gemaak is tussen die geskrifte wat eerste aanvaar is as gesaghebbend en die 7 deuterokanonieke geskrifte wat eers later aanvaar is. Daarom die onderskeid tussen “proto” en “deutero”, omdat dit wat ons […]