Die term is opgebou uit die woorde ἀντί, “teen” + νόμος, “wet”. Dit is gebasseer op die geloof in die reddende genade van God, maar reken dat omdat die mens dan nou vry is van die wet, is hy vry om te lewe soos hy wil. Morele wet is van geen betekenis en waarde nie, geloof alleen is nodig om gered te word.   

J.I. Packer identifiseer 5 strome van Antinomianisme:  (Packer, Concise Theology, Pp. 178-180)

  • Dualistiese Antinomianisme (Gnosties) – Verlossing is vir die siel alleen en die liggaam is vir God onbelangrik.
  • Heilige Gees-gesentreerde Antinomianisme – So hoë vertroue word op die innerlike leiding van die Heilige Gees geplaas dat die nodigheid om geleer te word hoe om te lewe verwerp word. “Freedom from the law as a way of salvation is assumed to bring with it freedom from the law as a guide to conduct.”
  • Christus-gesentreerde Antinomianisme – God sien geen sonde in gelowiges nie omdat hulle in Christus is. Hy het die wet namens hulle gehou. Volgehoue geloof is dus wat nodig is, nie die onderhouding van reëls nie.
  • Dispensasionele Antinomianisme – Verwerp die gedagte dat die bybelse reëls God se direkte opdrag is. Eerder word dit Woord van God soos nodig.
  • Situasionele Antinomianisme – Die motief en intensie van liefde is al wat God nou vra van gelowiges. Die etiese gedeeltes in die Skrif is bloot maatstawwe vir liefde en kan geignoreer word in sekere situasies.  

Vir meer detail sien Antinomianism

 

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: