Byeenkoms van Kaapse Studiegroep op 22 Februarie 2014
Die Kaapse Studiegroep kom gereeld bymekaar om te besin oor aktuele onderwerpe rakende die Skrif en die Kerk. Elke kwartaal word ‘n spreker genooi om te praat oor een van hierdie sake wat vir gelowiges in die algemeen tot seën en nut kan wees. U word hartlik tot die volgende byeenkoms uitgenooi:
Tyd
22 Februarie 2014
9:00 tot 13:00
Onderwerp
Waarom ek glo dat die Bybel die Woord van God is
Waar
Kerkkompleks van CESA
Ou Stellenboschweg, Somerset-Wes
(pad langs winkelkompleks; loop dood by CESA Kerk)
Spreker
Prof. Fika J van Rensburg,
prof. in Nuwe Testament, die Noordwes-Universiteit.
Hy is ‘n bekende spreker en skrywer van verskeie boeke en het ook al dikwels oor die radio opgetree.
Navrae
Danie du Plessis (namens die Studiegroep)
Email: [email protected]
Tel: +27 21 855 2391
Mobile: +27 72 726 6018
