Ken jou Terme – Calvinisme

Die term “Calvinisme” word losweg gebruik om te verwys na die voorstanders van die T.U.L.I.P. konsep. Die geskiedenis het egter sy eie storie te vertel oor hoe hierdie begrip tot stand gekom het. In die hedendaagse teologie word dit geredelik gebruik deur die sogenaamde “Arminians” as ʼn skelwoord om dan die breë spektrum van aanhangers […]

Ken jou terme – Transubstansiasie

Oorsprong: Latyn transsubstantiatio, Grieks metousiosis “vernadering van substansie” Die vraag na die teenwoordigheid van Christus tydens die Mis (Eucharist), word deur die Rooms Katolisisme beantwoord met die gedagte van die “Transubstansiasie”. Die kern hiervan is amptelik verwoord tydens die Konsilie van Trent se Dertiende sessie met die volgende uitspraak:   “And because that Christ, our […]

Ken jou terme – Ecclesia Reformata Semper Reformanda

Hierdie vertrekpunt lê aan die hart van die Reformasie en word ondersteun en onderskrywe deur alle gelowiges en kerke wat die gees van die Reformasie navolg. Die uitdrukking is eerste gebruik deur Jodocus van Lodenstein (1620-1677) en kan letterlik uit die Latynse taal vertaal word as “die kerk hervormd, steeds hervormend.” Dit spel die pleit […]

Ken jou terme – Simul Justus Et Peccator

Oorsprong: Alle begrippe is van Latynse oorsprong. Simul, “gelyktydig, tegelyk” + Justus, “regverdig” + et, “en” + peccator, “sondaar” = “gelyktydig geregverdig en sondaar” Hierdie begrip is deur Dr. Martin Luther gebruik om die toestand van die gelowige uit te druk. Die verstaan van regverdigmaking was nie ‘n verwydering van die ou sondige natuur sodat […]

Ken jou terme – Soli Deo Gloria

Oorsprong: Latyn soli, “alleen” + Latyn Deo, “God” + Latyn gloria, “heerlikheid” = “Aan God alleen die Heerlikheid” Die Reformasie het die duidelike boodskap van die Bybel hiermee herbevestig, naamlik dat God alleen die heerlikheid waardig is. Geen mens, geen instansie of organisasie, geen werk, geen vermoë, niks wat bestaan, sigbaar of onsigbaar, mag die […]

Ken jou terme – Sola Fide

Oorsprong: Latyn sola, “alleen” + fide, “geloof” = “geloof alleen” Die vraag wat ten diepste deur hierdie sola beantwoord word is naamlik hoe die mens kom tot die regte verhouding met sy god, wat in die Christelike leer bekend staan as regverdigmaking. Dit raak dus nie alleen die leer waarmee die hervormers te make gehad […]

Ken jou terme – Sola Gratia

Oorsprong: Latyn sola, “alleen” + gratia, “genade” = “genade alleen” Teen die tyd dat Martin Luther sy 95 stellinge teen die kerk se muur gaan vasspyker het, het die Rooms Katolisisme ‘n redding voorgestaan wat nie meer op die voltooide werk van Christus alleen gebou was nie, maar die mens medeverantwoordelik gemaak het vir sy […]

Ken jou terme – Sola Scriptura

Oorsprong: Latyn sola, “alleen” + scriptura, “skrif” = “bybel alleen” Die begrip word terug herlei na die tyd van die hervorming en moet in daardie konteks verstaan word. Die Rooms Katolieke het in die verloop van tyd allerhande ander bronne van gesag vir leer en lewe begin aanhang, byvoorbeeld die uitsprake van die pous (ex […]