Ken jou terme – Teologie

Oorsprong: Grieks theologia saamgestel uit theos, “God” + Grieks logia, “uitsprake, praat” = “uitsprake oor God, om oor God te praat” Teologie is die sistematiese studie van die wese en natuur van God en sy verhouding tot en met die mens en die res van die skepping. Dit behels verder die studie van die Christelike […]

Ken jou terme – TULIP

Die impak van die Remonstrante, of dan soos hulle later bekend sou staan die Arminiane, was duidelik voelbaar in die kerk. Die leiers in die Nederlandse kerke van Gereformeerde oortuiging, was verdeeld oor die twee uiteenlopende standpunte soos verteenwoordig deur die Remonstrante en die behoudendes. Dit sou lei tot een van die belangrikste kerkvergaderings in […]

Ken jou terme – Remonstrante

Om hierdie beweging te verstaan, is dit nodig om te weet waar hulle vandaan kom. Jakobus Arminius (1560-1609) het sy bediening begin as ‘n volbloed ondersteuner van die teologiese leerstellings soos verwoord deur Augustinus en later Johannes Calvyn. Gedurende 1582-1587 studeer hy te Genève onder veral Theodor Beza en vandaar is hy na Amsterdam as […]

Ken jou terme – Semi-Pelagianisme

Alhoewel die kerk amptelik die leer van Pelagius en die Pelagianisme verklaar het tot dwaling, het dit nie die sentimente vir sekere eienskappe stilgemaak nie. Dit het ontwikkel as ‘n tipe kompromie tussen die volbloed Pelagianisme en die leer soos uiteengesit deur Augustinus. Die uitgangspunt van Pelagius was dat die mens nie van nature dood […]

Ken jou terme – Vier Kenmerke van die Ware Kerk

Ook: Kenmerke van die Kerk Die kenmerke beskryf die beskouing in die Christendom dat die liggaam van Christus, of dan die Kerk, gekarakteriseer word deur vier onderskeie kenmerke. Hierdie vier kenmerke kan raak gelees word in die vroeë kerkgeskiedenis. Dit is ook opgeneem in belydenisskrifte en belydenisse van die vroeë kerk. Die belydenis van Konstantinopel […]