Ken jou terme – Vier Kenmerke van die Ware Kerk

Ook: Kenmerke van die Kerk Die kenmerke beskryf die beskouing in die Christendom dat die liggaam van Christus, of dan die Kerk, gekarakteriseer word deur vier onderskeie kenmerke. Hierdie vier kenmerke kan raak gelees word in die vroeë kerkgeskiedenis. Dit is ook opgeneem in belydenisskrifte en belydenisse van die vroeë kerk. Die belydenis van Konstantinopel […]

Ken jou terme – Eksegese

Oorsprong: Grieks ex, “uit” + hēgeisthai, “uitlei” = “om uit le lei” Die interpretasie metode wat poog om die teks in sy oorspronklike grammatiese en historiese konteks te verstaan. Die oogmerk is om die betekenis van die oorspronklike outeur aan sy oorspronklike gehoor te ontdek. Die teks word vanuit verskeie hoeke benader, onder andere sosiologiese, […]

Ken jou terme – Eisegese

Oorsprong: Grieks eis, “na binne” (Engels: “into”) + Grieks hegeisthai, “om te lei” Die interpretasie metode om vooropgestelde leringe, konsepte of idees in die teks in te lees om daardeur die teks te forseer om die vooropgestelde leringe te ondersteun. Dit moet gekontrasteer word met eksegese, wat behels dat die teks toegelaat word om sy […]

Ken jou terme – Nihilisme

Oorsprong: Latyn nihil, “niks” Dit is ‘n filosofiese benadering wat in sy breedste sin die ontkenning of verwerping van sinvolle in betekenisvolle aspekte van die lewe voorstel. As verteenwoordigend van die Naturalisme, word natuurlike oorsake gebruik as verklaring vir die lewe en gebeure. Volgens eksistensialistiese nihilisme is daar geen objektiewe sin, doel of intrinsieke waarde […]

Ken jou terme – Naturalisme

Breedweg beskou is dit ‘n filosofiese stelsel wat voorhou dat alles kan verklaar word deur natuurlike oorsake. In sy wese is dit dus ‘n ontkenning van die bonatuurlike. Hierdie beskouing lê aan die basis van alle denkrigtings wat die bestaan en werking van God, die geesteswêreld en wonderwerke ontken, byvoorbeeld Ateïsme, Agnostisisme, Nihilisme, Agodisme, en […]