[Onlangs het ons begin met ʼn studie van die Apostoliese Geloofsbelydenis.] 

Die Apostoliese Geloofsbelydenis (AGB) het nie eensklaps ontstaan nie. Inteendeel, daar het ‘n hele klompie eeue verloop voordat dit amptelik in sy huidige vorm aanvaar is. Die AGB in sy finale vorm, is eers so laat as die 7de of 8e eeu aanvaar.1 So-ook het elke individuele artikel elk ‘n eie ontwikkeling ondergaan – sommige meer as ander, en hier en daar is daar een sonder enige aanpassings deur die eeue. Die doel van hierdie afdeling is om bietjie van hierdie historiese ontwikkeling te verstaan ten einde die belydenis self beter te plaas en te begryp.

Naam van die Belydenis

Die naam van die AGB kan tweërlei verstaan word. Die eerste is met verwysing na die legende oor die ontstaan van die AGB. Die eerste “amptelike” verklaring van die inhoud van die belydenis deur Tyrannius Rufinus,2 vertel vir ons van hierdie legende, naamlik dat elkeen van die twaalf Apostels verantwoordelik was vir een van die twaalf artikels. Dit lui as volg:

Our fathers of old have recorded that, after the ascension of the Lord, when, by the coming of the Holy Ghost, tongues of fire had rested upon each of the Apostles, that they might speak in manifold and diverse languages, so that no people, however strange, no speech, however barbarous, should seem to them inaccessible or beyond attainment, they received command from the Lord each to go to the various nations and preach the word of God. And thus, before separating from one another, they first agreed together upon a fixed standard for their future preaching, that so by no possibility, when they had dispersed, could they vary in their teaching of those who were called to believe in Christ. When, therefore, they had all met together, and were filled with the Holy Ghost, they composed, as we have said, this short token of their future preaching, each contributing to the one decree his own decision. And this rule they resolved was to be given to believers.3

Interessant soos dit ook al mag klink, is dit ‘n uitgemaakte saak dat hierdie slegs ‘n legende is,4 en dat die AGB ‘n lang en moeisame pad moes stap tot waar die finale teks van die belydenis aanvaar is. Elkeen van die artikels wat daarin opgeneem is, is die uitdrukking van ‘n lang en ingewikkelde pad waardeur die kerk dit wat kern is tot die Christelike geloof moes bepaal. Die belydenis is verder ook nie die resultaat van een individu se oordenkinge nie, maar dié van die Westerse kerk in sy geheel.5

Die tweede verstaan van die naam is wel sinvoller, daarin dat, alhoewel die Apostels nie elkeen verantwoordelik was vir ‘n artikel nie, die leringe van die Apostels wel die basis vorm vir die leerstellings opgeneem in die AGB. Daarom kan dit tereg die Apostoliese Geloofsbelydenis genoem word, want die leer van die Apostels, soos vervat in die Skrif, en veral die Nuwe Testament, is die fondament daarvan. Tegelyk bind dit dan ook die kerk wêreldwyd aanmekaar in die belydenis van hierdie waarhede, as uitdrukking van die eenheid van die liggaam van Christus in die waarheid soos deur die Apostels oorgelewer.6

Onderrig aan Nuwe Dooplidmate

Die AGB het natuurlik sy wortels in die onderrig van die nuwe dooplidmate van die kerk. Dr. Willie Jonker verduidelik soos volg:

Belydenisskrifte verskil van die oud-kerklike simbole daarin dat dit ‘n samevatting van die essensiële inhoud van die Christelike geloof gee. Dit was nie die doel van die oud-kerklike simbole nie. Hulle was eintlik bedoel om in die liturgie gebruik te kan word. Daarom is dit ‘n uitbreiding van die trinitariese doopformule wat as ‘n persoonlike geloofsbelydenis geformuleer is.7

Soos vantevore alreeds aangedui, het die vroeë kerk nie die weelde van die Bybel gehad nie. Amptelik was daar wel die Ou Testamentiese geskrifte, en die briewe wat die Apostels aan die gemeentes geskrywe het, maar van ‘n volledige Bybel soos ons dit vandag ken, was daar geen sprake nie. Hierdie toedrag van sake het ‘n baie groot uitdaging aan die kerk gestel: hoe word nuwe bekeerlinge geleer wat die waarheid van die Christelike geloof is? Die antwoord was onder andere geleë in die sogenaamde “symbols”, herkenningstekens, en dan veral die Ou Romeinse Simbool (RS) (Old Roman Symbol).8

Hierdie RS is ‘n 2de eeuse “belydenis”, wat gebaseer is op die sogenaamde “rules of faith”, of dan “maatstawwe van geloof” wat gebruik is om die nuwe lidmate in te lei in die gemeenskap van gelowiges. Rufinus se verklaring van die belydenis het hierdie RS gebruik,9wat tot ‘n groot mate die kern van die twaalf artikels van die AGB vervat het. ‘n Vergelyking tussen die RS en die AGB se finale vorm wys dit vir ons baie mooi.10

Ou Romeinse SimboolApostle’s CreedApostoliese Geloofsbelydenis
I believe in God the Father almighty;I believe in God the Father Almighty [Maker of heaven and earth]Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde
and in Christ Jesus His only Son, our Lord,And in Jesus Christ, his only Son, our LordEn in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here
Who was born by the Holy Ghost of the Virgin MaryWho was [conceived] by the Holy Ghost, born of the Virgin Marywat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria
Was crucified under Pontius Pilate and was buried[Suffered] under Pontius Pilate, was crucified [dead], and buried; [He descended into Hell (Hades)]wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het
The third day he rose from the deadThe third day he rose from the deadwat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode
He ascended into heaven; and sitteth on the right hand of the FatherHe ascended into heaven; and sitteth on the right hand of [God] the Father [Almighty]wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader
From thence he shall come to judge the quick and the dead.From thence he shall come to judge the quick and the deadvan waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe, en die wat reeds gesterf het
And in the Holy Ghost[I believe] in the Holy GhostEk glo in die Heilige Gees
the holy Church,The Holy [Catholic] Church [The communion of saints]ek glo aan ‘n heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges
The forgiveness of sinsThe forgiveness of sinsdie vergewing van sondes
The resurrection of the body (flesh)The resurrection of the body (flesh)die opstanding van die vlees
 [And the life everlasting]en in ‘n ewige lewe.

Tabel 1: Vergelyking tussen die Ou Romeinse Simbool en die Apostoliese Geloofsbelydenis

Antwoord teen Dwalinge

‘n Tweede rede vir die ontstaan van die belydenis – en hierna is al verwys in die eerste sessie – is die antwoord op die verskillende dwalinge. Dit is onmoontlik om al hierdie dwaalleer meteens te hanteer, daarom sal ons meer breedvoerig na die besonderhede sal kyk wanneer ons die relevante artikels hanteer.

Dit is so dat die karakter van die AGB is baie minder apologeties, en meer persoonlik van aard, as sommige van die ander belydenisse van die kerk. Die feit dat dit begin met ‘n baie persoonlike “Ek glo” bevestig dit, sowel as die oorspronklike bedoeling van die Ou Romeinse Simbool.

Die feit dat dit minder apologeties voorkom, beteken egter nie dat dit wat bely word nie in antwoord was op die histories-godsdienstige konteks waaruit dit ontwikkel het nie. Die vroeë kerk het dit geensins maklik gehad nie. reeds het die Apostel Paulus in Handelinge 19 die ouderlinge van die gemeente te Éfese gewaarsku dat sekere dwalendes uit hul eie geledere na vore sou kom om die kerk te mislei. ‘n Belydenis is altyd ook ‘n antwoord op die valsheid waaruit die gelowiges gered is. Vanweë die wyse waarop die AGB saamgestel is, het dit tydens die ontwikkelingsperiode, soos vandag, ‘n baie reguit antwoord op die strominge wat die gesonde Christelike geloof probeer ondermyn. Daarom sal ons moet vra wat sê die AGB vir ons konteks vandag.


1 Schaff, Philip. Creeds of Christendom, With A History and Critical Notes Vol.1 Grand Rapids, Michigan: Christian Classics Ethereal Library, 1877 , 39-40

2 Rufinus, Tyrannius. A Commentary on the Apostles’ Creed London: Methuen & Co. Ltd, 1916

3 Rufinus.  A Commentary on the Apostles’ Creed , 2-3

4 Schaff.  Creeds of Christendom, With A History and Critical Notes, Vol 1, 43

5 Schaff.  Creeds of Christendom, With A History and Critical Notes, Vol 1, 36

6 Schaff.  Creeds of Christendom, With A History and Critical Notes, Vol 1, 35

7 Jonker, Willie D. Bevrydende Waarheid: Die Karakter van die Gereformeerde Belydenis Wellington: Hugenote Uitgewers, 1994 , 6

8 Jonker.  Bevrydende Waarheid , 4

9 Schaff.  Creeds of Christendom, With A History and Critical Notes, Vol 1, 38

10 Schaff.  Creeds of Christendom, With A History and Critical Notes, Vol 1, 38
 

Bibliografie

Anonymous,. “Apostles’ Creed.” Accessed Apr 21, 2014. https://www.biblicaltraining.org/library/apostles-creed

Aquinas, Thomas. “Thomas Aquinas: On the Apostles’ Creed.” Accessed Apr 21, 2014. http://dhspriory.org/thomas/Creed.htm

Baron, John. The Greek Origin of the Apostles’ Creed: Illustrated by Ancient Documents and Recent Research Oxford, London: Parker & Co., 1885

Calvin, John. The Institutes of the Christian Religion Grand Rapids, Michigan: Christian Classics Ethereal Library, 2002

Harnack, Adolf. The Apostles’ Creed edited by Thomas B. Saunders. Grand Rapids, Michigan: Christian Classics Ethereal Library, 1901

Hunt, Dave. How Close Are We?: Compelling Evidence for the Soon Return of Christ Eugene, Oregon: Harvest House Publishers, 1993

Jonker, Willie D. Bevrydende Waarheid: Die Karakter van die Gereformeerde Belydenis Wellington: Hugenote Uitgewers, 1994

Keith, Graham. “The Formulation of Creeds in the Early Church.” Themelios Volume 24 Number 1 (1998): 13-35

Kelly, J. N.D. Early Christian Creeds Londen, New York: Continuum, 1960

Knight, Kevin. “Apostles’ Creed.” Accessed Apr 21, 2014. http://www.newadvent.org/cathen/01629a.htm

Leith, John H. Creeds of the Churches New York: Anchor Books Doubleday & Company, Inc., 1963

Myers, Steve. “Three Days and Three Nights: Did Jesus Keep His Word?.” Accessed Apr 21, 2014. http://www.ucg.org/doctrinal-beliefs/three-days-and-three-nights-did-jesus-keep-his-word/

Rufinus, Tyrannius. A Commentary on the Apostles’ Creed London: Methuen & Co. Ltd, 1916

Schaff, Philip. Creeds of Christendom, With A History and Critical Notes Vol.1 Grand Rapids, Michigan: Christian Classics Ethereal Library, 1877

Schaff, Philip. Creeds of Christendom, With A History and Critical Notes Vol.2 Grand Rapids, Michigan: Christian Classics Ethereal Library, 1877

Witsius, Herman. Sacred Dissertations on What Is Commonly Called the Apostles’ Creed Vol.1 A. Fullarton & Co. Edinburgh and Khull, Blackie & Co. Glasgow, 1823

Witsius, Herman. Sacred Dissertations on What Is Commonly Called the Apostles’ Creed Vol.2 A. Fullarton & Co. Edinburgh and Khull, Blackie & Co. Glasgow, 1823

 

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *