Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde,
En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; 
wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria; 
wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het; 
wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode; 
wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader; 
van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe, en die wat reeds gesterf het.
Ek glo in die Heilige Gees; 
ek glo aan ‘n heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges, 
die vergewing van sondes, 
die opstanding van die vlees 
en in ‘n ewige lewe.

 

Reeks oor die Apostoliese Geloofsbelydenis

Ander bronne