Wanneer jy ‘n organisasie begin, is een van die vrae wat veral van die kant van die samelewing kom na die integriteit van daardie organisasie of beweging. So is dit ook die geval in enige geestelike beweging. Wat is die integriteit van daardie beweging? Is dit oop en eerlik met sy bedoelinge en met wat met dié wat daardeur bereik word sal gebeur? Is daar deursigtigheid in sy handelinge met die samelewing? Is sy uitgangspunte duidelik en eties gefundeer? Al hierdie vrae – en daar is ‘n magdom meer – wentel oor die mate van aanvaarding van so ‘n beweging. Mense hou nou een maal nie daarvan om belieg te word nie. Daarom is dit nodig om ook direkte vrae te vra aan die Ontluikende Kerk wat betref sy integriteit teenoor die wêreld waarbinne hy opereer. Omdat die Ontluikende Kerk ‘n geestelike beweging is, moet die geestelike waarde en integriteit daarvan op die proef gestel word. 

Wanneer die integriteit van die Ontluikende Kerk dan getoets word, is daar ‘n paar aspekte waaruit dit duidelik is dat hulle hele mondering bestaan uit bedrog. Ons het alreeds vlugtig verwys na een van die verlammende effekte wat dit op die Evengeliese Kerk het. Hier wil ek fokus op watter effek dit op die wêreld het.

– Die Ontluikende Kerk lieg oor die toestand van die mens

Ons moet onthou dat die Ontluikende Kerk is niks anders as die kerklike sy van die Postmodernisme nie. Hierdie is kern tot die verstaan van die Ontluikende Kerk. Brian McLaren is hieroor baie duidelik:

“But for me…opposing it [Postmodernism] is as futile as opposing the English language.  It’s here. It’s reality. It’s the future…. It’s the way my generation processes every other fact on the event horizon” (McLaren, The Church on the Other Side (COS), 70).   

“Postmodernism is the intellectual boundary between the old world and the other side.  Why is it so important? Because when your view of truth is changed, when your confidence in the human ability to know truth in any objective way is revolutionized, then everything changes. That includes theology…” (McLaren, COS, 69).

Baie duidelik vind hy homself, en dit wat sy idees voortbring, baie tuis binne die denkraamwerk van die postmodernisme. Ook sy boek A New Kind of Christian is ‘n inlywing tot ‘n postmoderne Christenskap. 

Waarom is dit so belangrik om dit te weet? As geestelike toepassing van die postmodernisme, word die kernwaarhede van hierdie filosofie toegepas in die Ontluikende Kerke. Dit het geweldige implikasies vir die beskouing van die mens deur die bril van die postmodernisme.

Norman Geisler trek so ‘n paar strepe terug na die filosofiese basis van die postmodernisme. Hy sê onder andere: 

“The post-modern movement finds its roots in Friedrich Nietzsche and the death of God movement he spawned.  The whole post-modern movement can be cast in this context.” (Norman L. Geisler, The Emergent Church: Theological Postmodernism, March 2012)

Aan die basis van die postmodernisme lê dus ‘n bevraagtekening, selfs ontkenning van ‘n Absolute God, ‘n persoonlike wese wat buite die mens staan en nie deel van die skepping is nie (bekend as teïsme). By die postmodernisme kry ons ‘n vermenging van onder andere agnostisisme en ateïsme. Hiermee raak die postmodernisme dus ontslae van God en plaas die mens op die troon. Dus kry ons hier ‘n eerste leuen oor die mensbeeld wat die Ontluikende Kerk aanbied – die mens is nou verhef tot ‘n hoër status. Hier is nou die magic vir die Ontluikende Kerk, want die vraag is natuurlik hoe versoen jy sulke wanvoorstellings van God met die Evangeliese Kerk wat die presiese teenoorgestelde glo oor God (teïsme) en die mens? Dit sou natuurlik nie werk om direk na die kerk te kom met die “God is dood” idee nie – niemand sal jou aanvaar nie. Die magic is nie om in te gaan en God direk te ontken nie, maar om die mens te oorbeklemtoon. En hoe word dit gedoen? Deur vir hom die mag in die hand te gee om sy eie waarhede te bepaal!

Maak die kultuur ‘n instrument waardeur voorheen kernwaarhede nou nuut geherinterpreteer kan word. Met die ontkenning van absolute waarheid (wat tussen hakies ‘n stelling van waarheid opsig self is), gee jy dus in die hand van die nou verhewe mens ‘n nuwe wêreld waarbinne voortdurend nuwe betekenisse ontdek kan word. Kyk wat sê Rob Bell se vrou, Kristen, hieroor: 

“I grew up thinking that we’ve figured out the Bible,” Kristen says, “that we knew what it means. Now I have no idea what most of it means. And yet I feel like life is big again—like life used to be black and white, and now it’s in color.”  (The Emergent Mystique, Andy Crouch, Christianity Today, November 2004)

Fritz Gaum sê:

“teoloë moet ophou om voor te gee of hulle vaste antwoorde op sulke kwessies het en meer erns met twyfel en onsekerheid moet maak.”  (Aanlyn Bron

Oor die vastigheid van die Evangelie sê McLaren:

“I don’t think we’ve got the gospel right yet. What does it mean to be ‘saved’? When I read the Bible, I don’t see it meaning, ‘I’m going to heaven after I die.’ Before modern evangelicalism nobody accepted Jesus Christ as their personal Savior, or walked down an aisle, or said the sinner’s prayer… I don’t think the liberals have it right. But I don’t think we have it right either. None of us has arrived at orthodoxy.”  (The Emergent Mystique, Andy Crouch, Christianity Today, November 2004

Dus, met God uit die prentjie as die Absolute Wese, kan waarheid nou ook nie meer objektief wees nie, en is die mens op die goddelike troon geplaas. Hy is nou in beheer van sy lewe van hier af aan. Dit is niks anders nie as die aanbidding van die mens nie. Daar is natuurlik die nodige praktyke wat dit moet ondersteun. Dit is ook nie ‘n probleem nie, oortuig die mens dan net dat hyself deel van god is. Verstaan iets hier: die  potensiële “christen” kan nie sonder god nie, dis ondenkbaar. Probleem is, die postmodernisme het Hom doodgemaak. Maar die potensiële “christen” kan ook nie in meer as een god glo nie, dis net so ondenkbaar, want dit as politeïsme. Hoe nou gemaak. Die antwoord lê onder andere in panteïsme (die mens is deel van die godheid wat in alles en almal is) en panenteïsme (god is in alles – net ‘n treetjie weg van volledige panteïsme). 

Natuurlik bring hierdie beskouing ‘n paar moeilike vra waarvoor die Evangeliese Kerk nog altyd geglo het die antwoorde is opgesluit in die Woord van God. 

Jy sien, die mens as god, mag nie as swakkeling geskets word nie, dus moet die taai probleempie van die sondigheid hanteer word. Die bybelse beskouing van die mens was nog van die begin af dat die mens van nature in sonde en ellende verkeer en as sodanig onder die oordeel van God is. Die beskouing van die Ontluikende Kerk staan lynreg hierteen:

“But, are we a “fallen” people or a “falling” people? The word “fallen” has never resonated with me. It does not seem to correspond to how I experience the faith on a daily basis. Theologians argue that due to Adam’s sin, humanity is “fallen”. By this they mean that all of humanity is born into a depraved nature before they have had a chance to make any decision about right and wrong. We even have fancy words like “total depravity”. I don’t know about you, but “total depravity” doesn’t make me want to be a greater human being.

Let me be clear, I am not making the claim that there is no such thing as total depravity – though that might be true; however, I think we have done Christianity a disservice by making it the primary emphasis of the fall.” (Aanly Bron)

Let op die dekonstruksie van die taal hier, die keuse van twyfel bo waarheid en die feit dat die harde waarhede van die Bybel nie so lekker op die postmoderne gemoed gaan lê nie. Die kruks van die saak is dat die val soos die Skrif dit teken in Genesis 3 loop uit op die totale verdorwenheid van die mens – iets wat English in hierdie paar woorde afmaak as ‘n “disservice” aan die Christendom.

Die mens is dus nou god, en hierdeur is sy sondigheid ook van hom weggeneem (want ‘n sondige gog sal nooit deug nie). Daarom is dit ook vir hom nie meer nodig om bekering en wedergeboorte te ervaar nie, want waar het jy nou al van so ‘n swak god gehoor! So wat maak jy nou hiermee? Kyk wat sê Rob Bell:

“Repentance is not turning from sin. It is a ‘celebration’ of life in Christ. Anyone who tells you that you need to repent is not talking about Christianity.” – Rob Bell, “The ‘gods’ Aren’t Angry Tour,” Nov. 16, 2007, Dallas, TX

Selfs op eie bodem is daar woorde wat opklink om bekering van sonde te versag. Sakkie Spangenberg van die Nuwe Hervormers antwoord die volgende vraag

“Kan iemand asb vir my ‘n rasionele verklaring gee van die sg.”bekerings ervaring” wat deur soveel “wedergeborenes” beleef word? Daar moet sekerlik die een of ander sielkundige of ander onderliggende predisposisie in so ‘n persoon aanwesig wees wat hom/haar vir so ‘n ervaring/oortuiging vatbaar maak. Ek glo beslis nie dat dit a.g.v. die inwerking van die heilige gees kan wees nie!”

as volg

“‘n Diep onderliggende ongeverbaliseerde neurotiese (aka irassionele) skuldgevoel wat by tye na die oppervlak kom en dan weer neerdaal na die onbewuste nadat  die aktiewe bewussyn sekere rituele uitvoer wat gepaard gaan met n rasionele of irrasionele emosionele ontlading/insident binne die persoon se leefwereld. Die gebeurtenis word dan aan die hand van die persoon se unieke aangeleerde (kunsmatige !) verwysingsraamwerk ge-interpreteer as n skuld-verlossing en bekeringsmoment.” (Aanlyn Bron)

Hierdie tipe benadering lei die mens weg van sy sondigheid na ‘n valse gerustheid. Om kultureel sag op die gemoedere te wees, versag die groep genaamd Mosaiek allerhande belangrike bybelse terme en hul betekenisse. Hulle sê byvoorbeeld:

“Ons kyk krities terug na ons eie tradisies en ou en geliefde gewoontes bly in die slag – dink daaraan: persepsies en gewoontes van hoe iemand “gered word”, tot bekering kom, wat wedergeboorte, geesvervulling, heiligmaking, ens. is, hoe ons bid en “aanbid”, Bybelstudie doen, ens. is afgelei van Bybelse konsepte maar is wesenlik die produkte van ons evangeliese tradisie van die laaste 200 jaar. Die ontluikende kerk probeer om deur al die evangeliese tradisie terug te gryp na Jesus.” (Aanlyn Bron)

Hieruit raak ‘n mens alreeds ‘n kompie dinge wys, maar vir die doel van hierdie tema, hou hulle nie van die tradisionele waarhede nie. Dan beskryf hulle wat hulle onder bekering verstaan:

“Bekering – ons sal maar net verwys na die keuse wat ons vir die Here maak, ons verhouding met Hom, ens.”  (Aanlyn Bron

Uit wat ons by Bell (buite Suid Afrika) en Mosaiek (in Suid Afrika) sien, is dat die bybelse aard van bekering, naamlik intense besef en opregte berou van jou sondigheid voor die Heilige God wat Homself in die Skrif openbaar, en ‘n omkeer van ‘n onrein en onheilige lewe terug na God op grond van sy genade deur Christus alleen, nie geld nie. Bekering bekeklemtoon dus nie meer die onderliggende probleem nie, want die mens is god en hy kan nie swak wees nie!

Waarom is Mosaiek se voorbeeld so belangrik? Wel, hulle help ons ook verstaan wie hulle leiers is. 

“Menige leraars het die gemeente al bedien, waarvan Johan Geyser nou al die langste in die amp is: ander wat al lank saamstap is Gert Basson, Johan Heystek, Theo Geyser (Johan se broer, tans in Stellenbosch) …”

Let op die Geyser broers hier. Theo het sy eie groep wat bymekaarkom. Hulle noem hulleself InVia. Met die drukkoker in die NG Kerk oor die Ontluikende Kerk wat wil ontplof, kry die Kerkbode twee opinies – een vir en een teen – die Ontluikende Kerk. Die betekenisvolle hiervan as dat Theo Geyser skrywe vir die Ontluikende Kerk (Aanlyn Bron). As ‘n spreekbuis vir die NG Kerk in Suid Afrika, word die dienste van ‘n persoon ingespan wat nie skroom om ‘n valse evangelie voor te hou as weg tot geestelike self verwesenliking (aka self verheerliking) nie! Paulus sê so iemand moet ‘n vervloeking wees (lees Galasiër brief). 

Verbind ons die kolletjies, moet ons bekommerd raak oor wat in die NG Kerk gemeentes toegelaat word as daar so ‘n blatante ontkenning van die mens se totale sondigheid en nodigheid tot bekering van sonde is – erger nog, so ‘n wanvoorstelling en vergoddeliking van die mens self. Daar is ‘n verwaandheid wat vreesloos deurkom. Die mensbeeld wat die Ontluikende Kerk voorhou is radikaal die teenoorgestelde van dit wat die Bybel daaroor sê. Ek dink aan Jesus se brief aan die kerk in Laodicea (Openbaring 3). Hy sê Hy het dit teen hulle dat hulle dink hulle is ryk, maar hulle is in werklikheid arm. Hierdie valse leer wat aan die mens in ‘n sogenaamde post-moderne era voorgehou word, is ‘n sprekende voorbeeld van die mens wat dink hy is ryk. Jesus sê Hy gaan hulle uitspoeg vanwee hul louheid!

Die Woord van God is duidelik:

“want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God.” (Romeine 3:23)

Deur hierdie leuen word duisende mense in die hel in gedryf onder die indruk dat hulle gode is. So gepraat van die hel, hoe word hierdie probleem dan opgelos? Meer hieroor in die volgende artikel …

 

Sien ook

Die effek van die dwalinge van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk Deel 1 – Objektiewe Waarheid word afgebreek
Die effek van die dwalinge van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk Deel 2 – Objektiewe Waarheid word afgebreek
Die effek van die dwalinge van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk Deel 3 – Objektiewe Waarheid word afgebreek
Die effek van die dwalinge van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk Deel 4 – Duidelikheid van Skrif word afgebreek
Die effek van die dwalinge van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk Deel 5 – Die roeping van die Kerk word verdraai
Die effek van die dwalinge van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk Deel 7 – Die wêreld word bedrieg
‘n Kykie in Jesus se hart oor dwaling
Die Nikolaïete
Hoe ken ons dwaling?
Die uiteinde van dwaling

 

 

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: