In die vorige artikel het ek daarop gewys hoedat die Ontluikende Kerk vir die wêreld lieg wat betref die toestand waarin die mens verkeer as gevolg van die sondeval. Die ontluikendes bou maar slegs op die postmoderne basis van agnostisisme en ateïsme, en deur dit word die mens verhef tot goddelike status. Waarheid is hier hoegenaamd nie meer ter sake nie. Dit is egter nie waar die leuens bly nie. Die verlorenheid van die mens word nie alleen deur hierdie eerste leuen van die tafel gevee nie, maar ook die ewige lot van die mens word ook nou verduister.

– Die Ontluikende Kerk lieg oor die ewige bestemming van die mens

Die slang se leuen in Genesis 3 was duidelik: “Julle sal nie sterf nie, maar sal gode wees”. Reeds hier, nog voor die mens in sonde gedompel is, verdraai die satan al die oordeel van God. God se woorde aan Adam was so duidelik soos daglig en tog word Eva mislei om te dink dat God nie ernstig is nie. Dieselfde tendens sien ons in die mens- en wêreldbeeld van die Ontluikende Beweging. God se woord en karakter is nie belangrik nie, en daarom is ook die mens se toekoms onbybels.

Nou verbonde aan die leuen oor die mens se totale verdorwenheid in sonde, is die leuen dat God nie die mens  wat kies om in sy sonde te bly en homself nie van sy sonde bekeer nie, sal oordeel nie. Die Skrif is egter duidelik hieroor. Petrus skryf in sy tweede brief:

“die Here weet om .. die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word” (2:9)

Matteus 25:41:

“Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.”

Romeine 2:5-9:

“Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as ‘n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God  wat elkeen sal vergeld na sy werke:  aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek die ewige lewe;  maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is grimmigheid en toorn;  verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen,”

en 2 Tessalonisense 1:5-9:

“‘n teken van die regverdige oordeel van God, dat julle die koninkryk van God waardig geag mag word, waarvoor julle ook ly;  aangesien dit reg is by God om aan die wat julle verdruk, verdrukking te vergelde,  en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele  in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.  Hulle sal as straf ondergaan ‘n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte,  wanneer Hy kom om verheerlik te word in sy heiliges en bewonder te word in almal wat glo, in daardie dag; want ons getuienis het by julle geloof gevind.”

Die maatstaf waarmee God sal oordeel is sy regverdigheid of geregtigheid (Psalm 96:10) wat dieselfde is vir beide gelowige en ongelowige. Romeine 1 en 2 is klokhelder oor die feit dat niemand enigsins ‘n verskoning sal hê nie. Hy het aan die mensdom ALLES gegee wat nodig is om Hom te ken en selfs sy eie lankmoedigheid aan hulle bekend gemaak dat Hy nie wil hê dat enigiemand verlore sal gaan nie, maar dat elkeen gered sal word.

Omdat die voorstanders van die teologie van die Ontluikende Kerk die waarheid van die Bybel minag, en met dit dus haters van die waarheid van God en daarom vyande van God is, verwerp hulle ook hierdie waarheid dat elkeen vir sy eie dade rekenskap sal moet gaan gee voor die Regverdige God wat hulle voordurend kans gegee het om ag te gee op sy waarheid. 

Brian McLaren sê duidelik waar hy hieroor staan:

“First, I’d suspend the common assumption that every time the word judgment occurs in the Bible, it means ‘going to hell after you die,’ or every time the word save occurs, it means ‘going to heaven after you die.'” (Brian McLaren, In Onderhoud)

Brian McLaren, in sy hantering van Johannes 14:6 sê die volgende:

“This is the verse that is frequently quoted to defend an idea called the “exclusivity of Christ,” namely, that all who do not consciously and decisively accept Jesus as their personal savior will burn forever in hell. That phrase raises concerns for me, because based on the Scriptures, I believe Jesus primarily came not to proclaim a way out of hell for some af-ter death, but rather a way into a better life for all before death. His message was not about going to heaven after history, but about the kingdom of heaven coming to earth in history. His goal – made clear in word and deed, day after day during his three years of public minis-try – was not to constrict but rather to expand the dimensions of who could be welcomed into the king-dom of God, of who could be accepted in the people of God. So my understanding of Jesus’ essential message tells me that “exclusivity of” should generally precede “the Pharisees” or “the judg-mental” or “the hypocrites,” and never “Christ.”” (Brian McLaren, A Reading of John 14:6)

Uit hierdie verklaring van Johannes 14:6 sien ons verskeie wyses hoe die leuen dat daar nie ‘n oordeel oor die mens wat volhard in sonde en ongeloof sal wees nie. Hierdie maniere is natuurlik voortvloeiend uit die aard van die postmodernisme, wat McLaren en die res van die Ontluikende Kerk maar net propageer.

‘n Eerste is die wonderlike uitweg van die Universalisme. 

Die Universalisme sê dat almal op die einde gered sal word, dat die gedagte dat sekeres gered en ander tot ‘n ewige oordeel verdoem sal word onmenslik (selfs ongoddelik is). Die boek van Rob Bell, Love Wins, het groot kontroversie hieroor ontlok. In ‘n nuus onderhoud hieroor is hy van mening dat met genoeg tyd, God almal sou oorhaal om in Hom te glo. 

Tony Campolo sê in ‘n onderhoud:

“What I think we can say is, and this is where I get into trouble, I’m not so sure that when this life is over that all possibilities for salvation are over. I read in Ephesians 4:9-10 a passage that can be interpreted to describe a Jesus who descends into “the depths below the earth” to bring captives up to God. I read in 1 Peter 3:19 about a Jesus who goes to preach to those in the prison house of death, and I believe these Scriptures show Jesus doing something for people after they are dead, as we understand death. This reveals Jesus to be the “hound of heaven.”

Yes, I believe there will be people in hell eternally, but somehow, I believe from Scripture – note I said from Scripture – that in the end everybody gets a chance to choose.” (Tony Campolo, In onderhoud

Hierdie Universalisme hang natuurlik baie nou saam met Jürgen Moltmann se gedagte van ‘n rooskleurige, hoopvolle toekoms vir almal, die sogenaamde Theology of Hope. Dit bied aan die universalisme ‘n bietjie meer vleis, want as daar nie meer ‘n ewigheid anderkant die dood is om na uit te sien of te vrees nie, waarna moet die mens dan uitsien? Hier bied die gedagte aan die Konkryk van God die perfekte oplossing, maar dan soos geinterpreteer vanuit Moltmann se teologie.

‘n Tweede wyse is die leuen van die “Kingdom Now” ideologie.

Die Koninkryk van God het nou ‘n sterk teenwoordigheids fokus, en die toekomsverwagting wat so sterk in die Skrif na vore kom, word nou teruggeskuif om selfs na die hede te verwys. Dit gaan oor die hier, die nou, die land van die lewendes:

“Anyway, Western Christianity has been overly preoccupied with the question of who’s going to heaven or hell after death, and not focused enough on the question of what kind of life is truly pleasing to God here in the land of the living.” (Brian McLaren, In onderhoud)

Om gered te wees is klaarblyklik nie meer belangrik nie, maar die kwaliteit van jou lewe:

“We obsess on “who’s in” and “who’s out.” Jesus, however, seems to be asking the question, “How can the kingdom of God more fully come on earth as it is in heaven, and how should disciples of the kingdom live to enter and welcome the kingdom?””  (Brian McLaren, In Onderhoud

So half in die kraal van die preteriste maak McLaren die volgende uitspraak.

“… we should consider the possibility that many, and perhaps even all of Jesus’ hell-fire or end-of-the-universe statements refer not to postmortem judgment but to the very historic consequences of rejecting his kingdom message of reconciliation and peacemaking. The destruction of Jerusalem in A.D. 67-70 seems to many people to fulfill much of what we have traditionally understood as hell.”  (Brian McLaren, In Onderhoud

Duidelik is die konstruk van God se Koninkryk nie meer gevul met die Bybelse gedagtes daaroor nie. Jesus begin sy openbare optrede met hierdie gelaaide woorde:

“BEKEER JULLE, want die Koninkryk van God het naby gekom.”

Daar is in die Skrif voortdurend die wisselwerking van die verlede, die hede en die toekoms wat betref die Koninkryk van God. God is besig om hierdie Koninkryk te bou, dit bestaan volgens Jesus in ‘n ander dimensie (Johannes 18) en dit het implikasies vir die mens se voortbestaan na hierdie aardse lewe. Tog, is die enigste kriteria vir toetrede bekering. Dit is wat Jesus se boodskap duidelik uitspel.

Die Ontluikende Kerk is sterk missionaal. Dit moet egter reg verstaan word. Missionaal beteken nie om mense se sondige toestand aan te spreek en op te roep tot bekering nie. Dit behels die verbetering van lewensomstandighede, met ander woorde, met sy missionale fokus skuif die Ontluikende Kerk die Evangeliese Kerk se sendingaksie op die agtergrond en maak daarvan ‘n social gospel. Daarmee, so saam met die verbetering in sosiale toestande, beweeg die verlore mens al verder van die Koninkryk van God af.

Derdens is daar die dwaling van inklusiwiteit

Omdat die god van die Ontluikendes ‘n universalis is en hy ‘n wonderlike koninkryk het waarin almal kan deel, is daar ‘n volgende leuen wat hieraan vashaak, en dit is dat die bybelse waarheid dat Jesus die enigste weg na die Vader is, doodeenvoudig nie waar is nie. Sy gedagte van pluralisme of inklusiwiteit kom hier op die voorgrond.

 “For too many people the name Jesus has become a symbol of exclusion, as if Jesus’ statement ‘I am the way, and of the truth, and the life; no one comes to the Father except through me’ actually means, ‘I am in the way of people seeking truth and life.  I won’t let anyone get to God unless he comes through me. (Brian McLaren, A Generous Orthodoxy, Grand Rapids: Zondervan, 2004, p.70)

For example, I think God will be far more displeased by our carelessness toward the poor, or by our lack of peacemaking, or by our unrecognized racism and nationalism than he will be about whether you’re an exclusivist or not.” (Brian McLaren, In Onderhoud)

It may be advisable in many (not all!) circumstances to help people become followers of Jesus and remain within their Buddhist, Hindu, or Jewish contexts,”… “Is our religion the only one that understands the true meaning of life? Or does God place his truth in others too? … The gospel is not our gospel, but the gospel of the kingdom of God, and what belongs to the kingdom of God cannot be hijacked by Christianity”(p. 194). (Brian McLaren, An Emergent Manifesto, Baker Books, referenced http://simplyagape.blogspot.com/2007_06_01_archive.html)

Dit is duidelik: alle paaie lei na Rome. Solank as wat jy net soek na eenheid met god. In Punt nommer 2 van die Progressive Christianity Beweging se 8 punte bevestig hulle

“that the teachings of Jesus provide but one of many ways to experience the Sacredness and Oneness of life, and that we can draw from diverse sources of wisdom in our spiritual journey.” (Aanlyn Bron)

McLaren is nie skaam om homself met hierdie groep te identifiseer nie. In ‘n Voorlegging genaamd Tracing the Theological Core of a Movement, verdedig Cynthia B. Astle die teologiese wortels van die beweging. Sy sê:

“Today’s Progressive Christianity has many stars: Marcus Borg, John Dominic Crossan, Diana Butler Bass, and Brian McLaren, to name but a few. Each of them comes at progressive Christian theology from different, but often converging, perspectives. Over the past decade, McLaren and writing partners Borg and Crossan have been particularly adept in the areas of Schmidt’s critique, especially the nature of God and the reign of God.” 

Wat sy dus hier sê is dat die teologie van McLaren en onder andere Marcus Borg is fundamenteel tot die teologie van die Progressive Christianity Beweging. (Terloops, Borg is een van hulle raadgewers). McLaren deel ook graag die podium met hierdie vrydenkers. Hy is definitief ‘n self-erkende Progressive Christian. Op hulle simposium in Junie 2011 het hy dan ook ‘n voorlegging getiteld Not Conservative, Not Liberal: Progressive

Hulle trek natuurlik ook vir Tony Jones by hierdie gesprek in. Hy verkies die woord “progressive” om na die missionale karakter van die Ontluikende Kerk te verwys.

“For now, I suppose, “progressive” works.  It’s less politically fraught than the alternatives, yet it still means something.  Just what it means, however, only time will tell.  The biggest challenge will be whether those of us fall under the progressive rubric define it, or whether we let conservatives demonize the term, just like they did with “liberal.”” (Aanlyn Bron)

Marcus Borg is natuurlik betrokke by die Jesus Seminar wat op hulle beurt weer sterk invloed uitgeoefen het op die NG Kerk in Suid Afrika met die vorming van die Nuwe Hervormers.

Die Skrif is duidelik, Jesus was duidelik en die leer van die Kerk is duidelik. Die ware Christendom is eksklusief en daar is maar net een Weg tot redding en dit is deur te glo in die Seun van die Lewende God, Jesus Christus. Daar is nie ‘n en-en nie, slegs ‘n of-of. 

Daar is ook die gedagte van ‘n kollektiewe gemeenskap in plaas van die fokus op die individu.

Natuurlik is daar ook ‘n ander strategie, en dit is om die klem weg van die individu af te skuif na die groep. McLaren verwoord dit weer as volg: 

“Again, although I believe in Jesus as my personal savior, I am not a Christian for that reason. I am a Christian because I believe that Jesus is the Savior of the whole world.” (McLaren, Brian, A Generous Orthodoxy, Grand Rapids: Zondervan, 2004, p. 100). 

Die Bybel is klokhelder, jy is ‘n Christen juis omdat Jesus jou Redder is. Daar is geen ander rede nie. Wat redding en ewige oordeel betref gaan elke mens oor homself rekenskap gee en geoordeel word. Dan gaan geen groep dit anders kan swaai nie. Norman Geisler stel dit goed:

“Unfortunately, it is self-defeating to claim God is interested in group but not in individuals.  For all groups are made up of individuals.  And while good wants us to belong to a body and to have unity in our community of believers, nonetheless, in the final analysis all salvation is individual.  God does not save people by groups or even families.  He saves them one by one, individual by individual.” (Norman Geisler, The Emergent Church: Theological Postmodernism)

Wat betref die ewige lot van die mens, moet ons uit die bogenoemde tot die gevolgtrekking kom dat die Ontluikende Kerk die verlore wêreld geen guns doen nie, maar eerder ‘n onreg vanweë hierdie leuens wat hulle propageer. Die Evangelie van Christus is gebou op ‘n plaasvervangende versoeningswerk met die doel om te red uit sonde. Enige evangelie anders as dit, is vals en moet openbaar gemaak word. Hierby is niks gesê oor ander wyses waarop die mens se ewige bestemming volgens die Bybel verdraai word nie, byvoorbeeld die verdraaing van die dood, die ontkenning van hemel en hel. Later hieroor meer.

 

Sien ook

Die effek van die dwalinge van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk Deel 1 – Objektiewe Waarheid word afgebreek
Die effek van die dwalinge van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk Deel 2 – Objektiewe Waarheid word afgebreek
Die effek van die dwalinge van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk Deel 3 – Objektiewe Waarheid word afgebreek
Die effek van die dwalinge van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk Deel 4 – Duidelikheid van Skrif word afgebreek
Die effek van die dwalinge van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk Deel 5 – Die roeping van die Kerk word verdraai
Die effek van die dwalinge van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk Deel 6 – Die wêreld word bedrieg
Die effek van die dwalinge van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk Deel 8 – Die gelowiges word beroof van hoop

 

 

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: