Hoe lyk God se goedheid, of anders gevra, wat word deur sy goedheid omsluit? Hierdie eienskap van God is ‘n oorkoepelende eienskap wat ‘n paar ander eienskappe insluit, of saambind. Uit die verhaal in Eksodus 33-34 het Moses hierdie belangrike eienskap van God leer ken. Hy wou God se heerlikheid sien. Die Hebreeuse term hier, kabowd, dra iets van die betekenis van gewig, dus in figuurlike sin, het Moses gevra om God se majesteit, sy grootsheid, te sien. God stem in, maar definieer sy “gewig” as God as niks minder nie as sy goedheid. Letterlik is God sy gewig werd in goedheid! Sy goedheid gee gewig aan sy heerlikheid. Eksodus 33:19 en 22 (ek haal aan uit die Engelse vertaling):

I will make all my goodness pass before you and will proclaim before you my name ‘The LORD. (ESV vers 19)

and while my glory passes by I will put you in a cleft of the rock, and I will cover you with my hand until I have passed by. (ESV vers 22)

Let op die woordspeling tussen God se goedheid en sy heerlikheid in hierdie twee verse, wat dit duidelik wys dat sy heerlikheid is sy goedheid en sy goedheid is sy heerlikheid en hier word die veelkantigheid van God se goedheid ten toon gestel. Die eerste van hierdie kante is God se selfopenbaring.

Sy goedheid word getoon in sy Selfopenbaring

God se goedheid is duidelik in sy selfopenbaring daarin dat indien Hy Homself nie laat ken nie, dan is daar of geen of gebrekkige kennis van wie God is. Nou is dit so dat die Bybel vir ons sê dat die skepping is opsigself ‘n wyse waardeur Hy Homself bekendmaak. In Genesis 1 word ons telkens daarop gewys dat dit wat God gemaak het goed was. Die skepping is dus alreeds ‘n toonbeeld van sy oneindige goedheid. Dit geld nie alleen die feit van die skepping rondom ons nie, maar ook die voortdurende onderhoud daarvan wat Hy in sy goedheid op Homself geneem het.

Paulus leer ons in Romeine 1:19-21 dat die skepping is die openbaring van God sodat ons uit dit sy onsienlike kwaliteite kan ken. Hierdie onsienlike kwaliteite sluit in sy ewige krag en sy goddelikheid. Ook die mooi Psalm 19 lig dit uit:

Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande…

Wat egter besonders is in God se openbaring aan Moses was dat Hy Homself openbaar het as Jahwe. Die begrip hier val terug op Eksodus 3:14 waar God Homself bekendstel as “EK IS”. Sy bestaan is nie afhanklik van enigiets in die skepping nie. Sy bestaan is ook ewig sonder begin en sonder einde. Juis hierdie kwaliteite maak van Hom die God wat Hy is. 

Jesus het Homself ook so bekendgestel aan die geestelike leiers van sy tyd. In Johannes 8 probeer hulle Hom vasvat en hulself regverdig as kinders van Abraham, met ander woorde, hulle beroep hulle op die verbond om hul geestelike posisie vas te stel. Christus antwoord hulle egter duidelik dat hulle kinders van die duiwel is en oor Homself:

Voordat Abraham WAS, IS Ek … (Johannes 8:58)

Let op die speling tussen WAS en IS. Hiermee het Hy Homself duidelik openbaar as God wat nie sy bestaan van enigiets anders ontvang het nie. Hy staan dus nie as God met sy een been as deel van sy skepping en ander as buite die skepping nie. Hy is “self-existant” om die engelse begrip te gebruik.

Die belangrike van hierdie naam van God is dat Hy dit altyd in verhouding met sy uitverkore volk gebruik het om daarmee aan te dui dat Hy as die ewige God wel in verhouding staan met dié wat Hy uitgekies het. In Eksodus 6:3 sê God Hy het Homself nie so aan Israel se voorouers voorgestel nie, maar nou aan sy volk wat Hy gaan uitred:

En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar met my Naam HERE het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie.

Met hierdie naam het Hy Hom dus aan sy volk verbind om vir hulle God te wees in ‘n baie direkte en persoonlike sin. Hy is nie ‘n veraf god wat niks met die skepping en die mens te make het nie. Hy is ‘n betrokke God, God by ons, die Ewige, Ongeskape, Goeie God wat sy kinders lief het en onderhou. Natuurlik is Christus sy volmaakte openbaring, of kan ons moontlik sê, die hoogtepunt van sy Selfopenbaring:

In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie … En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid… En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar. (Johannes 1)

Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand. En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees. Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis—ek sê deur Hom—die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele. (Kolossense 1:15-20)

In Christus het die goedheid van God vleis gekry, en op so ‘n intense manier met sy skepping geidentifiseer, dat ons menslike begripskapasiteit te klein is om die grootsheid daarvan te verstaan en is dit slegs deur die goedheid van God dat ons dit kan ken en ontdek.

Spurgeon het die volgende gesê:

… Elohim, as the Creator and Preserver, takes care of living things to preserve them, but the Lord, even Jehovah, the covenanting God, interposes in great mercy to protect His chosen servant! 

It was Jehovah who entered into solemn league and Covenant with His servant, Noah, that He would preserve him in the ark and float him into the new world in it. And as Jehovah, the Covenanting One, He shut Noah in. There is no security like that which is given us by the Covenant of Grace. The hand which was lifted to swear our safety has also been outstretched to effect it! The everlasting Covenant, ordered in all things and sure, guarantees salvation to all who are represented by the great Head and Surety of that Covenant, even our Lord Jesus. Love and power cooperate with faithfulness and truth to keep the chosen from all danger. Dwell much upon the Covenant and note the immutable pledges by which it is secured and the immortal principles upon which it is founded! Try to suck out the delicious sweetness which is to be found in the hive of the Covenant, for if you are an advanced child of God, no form of the Truth of God can be more nourishing or refreshing to your mind. 

The doctrines which spring out of the Covenant are peculiarly comforting to believing minds. The promises of God are yes and amen in Christ Jesus and can never fail nor change, since the Covenant stands fast forever and ever. Its tenure is free and Sovereign Grace and it cannot be disannulled. Here is a line of it, “I will put My fear in their hearts, that they shall not depart from Me.” With such a promise does Jehovah shut us in with Christ Jesus in matchless kindness and unspeakable love. (C.H. Spurgeon, Sermon 1613, SHUT IN OR SHUT OUT)

Jesaja 40:28-31 druk onder andere die goedheid opgesluit in hierdie Naam van God uit:

Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? ‘n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie. Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie. Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs; maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

Spreuke 18:10:

Die Naam van die HERE is ‘n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut.

Psalm 9:10:

En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE! 

Moses het die voorreg gehad om die goedheid van God te hoor in hierdie naam. Twee maal roep die Here sy naam uit toe Hy verby Moses beweeg (Eksodus 34:6). Hierdie naam is sedertdien ‘n herinnering aan die goedheid van God, ‘n uitnodiging om met die ewige God, die Skepper van hemel en aarde in verhouding te leef en van die goeie wat Hy beskikbaar stel te geniet. Ons dien voorwaar ‘n goeie God.

 

Sien ook

Sermon 77 – Psalm 119:68 – Thou art good, and doest good: teach me thy statutes. (Preek van Thomas Manton oor die Goedheid van God) 
Charles Spurgeon se preek uit Exodus 33:18-23 God’s Glory and His Goodness 
The Goodness of God A.W. Pink

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: