Wanneer dwaling sy kop uitsteek, is dit belangrik om te weet wat die historiese wortels daarvan is. Die Afrikaanse kerk in Suid Afrika, veral die NG Kerk en die Hervormde Kerk gaan die afgelope klompie jare gebuk onder geweldige leerstellige druk. Natuurlik is daar ‘n ontkenning daarvan deur dié wat die dwaalleer aanhang en verkondig, maar die realiteit is duidelik. Die onlangse beweging in die Hervormde kerk, bekend as die Steedshervormers, en die groepering van besorgde lidmate in die NG Kerk, die Kaapse Studiegroep, weerspieël hierdie kommer.

Tog is dit nie slegs die Afrikaanse kerke wat getref word nie. Die impak wat die sogenaamde Emerging Church (Ontluikende Kerk) op die kerk wêreldwyd het, kan nie ontken word nie. Ander invloede soos dié van onder andere Rick Warren en sy Purpose Driven beweging het die kerk met ‘n storm getref met ‘n ander teologiese mondering as wat die afgelope klomp eeue beskou is as die ware en suiwer leer.

Al hierdie nuwer dwalinge put uit dieselfde filosofiese onderbou van die Postmodernisme. Dit word allerweë beskou as ‘n reaksie op die sogenaamde Modernisme waar die rede van die mens beskou is as die sleutel faktor vir die verstaan van die wêreld. Die postmodernisme wil hiervan wegbreek en die ervaring van die mens voorop stel. Waarheid is nou nie meer ‘n absolute of objektiewe nie, maar word op ‘n bepaalde tyd “gevorm” soos die tyd en geleentheid vereis. Waarheid het dus nou meer as een weergawe.

Al het die postmodernisme ‘n skuif van rede na ervaring probeer veroorsaak, het die dwalinge wat dit inhou vir die kerk niks vreemds opgelewer as wat oor die afgelope ongeveer 2000 jaar die kerk bedreig het nie. Dit is dalk vermom in ‘n ander, meer (post)moderne kleed, maar soos die Prediker dit tereg sê: “Daar is niks nuuts onder die son nie.”

Daar kan ‘n paar groot dwaalstrome in die verloop van die afgelope 2000 jaar geïdentifiseer word, elkeen met sy eie unieke inslag. Hier dink ons byvoorbeeld aan die Judaïseerders met die klem op die nakoming van die wet as weg tot saligheid. Dan is daar die Gnostisisme, wat veral in die 1ste en 2de eeu n.C. gebloei het, en nou weer sy kop op allerhande wyses uitsteek. Die Arianisme weer het die Godheid van Christus en daarmee saam die Drie-eenheid van God van die tafel probeer vee. Augustinus het dan veral ‘n stryd gehad teen die Pelagianisme wat geleër het dat die mens nie so totaal verdorwe is om tussen goed en kwaad te kies nie.

Dan was daar ‘n beweging wat baie raakpunte het met die dwalinge wat ons vandag sien in die kerk. Vernoem na die voorlopers, Laelio Socinus en sy neef Fausto Socinus, het die Socinianisme ontwikkel en dit is opmerklik hoeveel van die dwalinge of die uitwerkinge daarvan vandag in kerklike kringe teenwoordig is. Dit wil blyk asof die Socinianisme ‘n dwaalspons was, met ander woorde daar was ‘n baie sterk geneigdheid om ander dwalinge in homself op te neem by dié wat reeds deur hulle gehandhaaf was. So is daar duidelike invloede van byvoorbeeld die al die bogenoemde strominge teenwoordig in die leerstellings van die Sociniane. Die groot verskil is dat die voorafgaande strominge elk ‘n enkele dwaalleer, of groepering van dwalinge, verteenwoordig. Die Socinianisme was ‘n sameflansing van alles en as sodanig ‘n volskaalse leerstellige aanslag op die kerk. Dit wil ook voorkom asof die Socinianisme nie van die toneel verdwyn het nie, maar wel dormant aanhou voortbestaan het en telkens op een of ander wyse weer ‘n direkte of indirekte voedingsbron was vir die liberale dwalinge in die kerk.

As gevolg van die omvang van die Socinianisme, is dit onmoontlik om hulle dwaling en uitwerking in een artikel te hanteer. Hier wil ek slegs kyk na twee aspekte van die onderbou van hierdie beweging omdat dit alreeds vir ons ‘n hele warboel inligting uitwys.

– Skeptisisme1

Kom ons kyk eerstens net na wat hierdie beweging gedryf het. Veral twee aspekte staan voorop. Die eerste hiervan was skeptisisme. Dit is ‘n oordrewe bevraagtekening van alles. Philosophical scepticism is an overall approach that requires all information to be well supported by evidence.2 Laelio, wat ‘n interessante verhouding met Calvyn gehad het, het sy twyfel uitgespreek oor talle leerstellings. His scepticism stumbled first at the Roman Catholic, than at the Protestant orthodoxy, and gradually spread over the doctrines of the resurrection, predestination, original sin, the trinity, the atonement, and the sacraments. Die resultaat van so ‘n oordrewe skeptisisme is dat daar nie meer so iets is soos ‘n absolute waarheid nie. Dit het ook ‘n impak op die beskouing van onder andere die bonatuurlike en dan spesifiek die siening van wonderwerke.

Kyk ons na die siening van die Postmodernisme oor die waarheid, kan ek nie anders as om te wonder wat die postmodernisme dan nou anders sê as die Sociniane nie. Skeptisisme is juis gebou op die oordrewe bevraagtekening van alles en ‘n affiniteit vir onsekerhede. “According to a French philosopher, Jean-François Lyotard, the condition of postmodernism is “scepticism towards all metanarratives”3 “Postmodern philosophy is sceptical or nihilistic toward many of the values and assumptions of philosophy that derive from modernity, such as humanity having an essence which distinguishes humans from animals, or the assumption that one form of government is demonstrably better than another.”4 Aan die basis lê ‘n betwyfeling van alles. Tony Jones, ‘n voorloper in die Emerging teologie, sê byvoorbeeld Doubt is part and parcel of my faith.” Oor die lewe na die dood sê hy “Since none of us knows what we will experience in the afterlife, any consideration of this question is pure speculation (kursief myne).

In die Skrif lees ons van die Die leer van die Sadduseers – springlewendig in die kerk wat, vanweë hulle skeptisisme, deur Jesus aangespreek is. Sy beoordeling van hulle was duidelik: “Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie” (Matt. 22:29). Hulle het gedwaal. Die rede waarom hulle gedwaal het is egter veelseggend. ‘n Tweërlei rede word hier gesien. Eerstens het hulle nie die Skrif geken nie en tweedens ook nie God se krag nie, met ander woorde, hulle het God se self-openbaring as die Almagtige God in sy Skrif verontagsaam, en dit het gelei tot korrupte wanopvattings.

Die probleem is die uitgangspunt dat daar geen absolute waarheid is nie, terwyl die ortodokse siening juis uitgaan van die Skrif as die bron van waarheid (Sola Scriptura en Tota Scriptura). So is die kerk se soeke voortdurend om die waarheid soos geopenbaar in die Skrif te ken en te volg, terwyl dit nie die geval is by die postmodernisme nie.

Die afwysing van absolute waarheid is dus nie uniek aan die postmodernisme nie, maar is alreeds deur onder andere die Sociniane gepopulariseer. Hierdie skeptisisme teenoor die absolute waarheid, en dan veral die waarheidsaansprake van die Skrif, gee aanleiding tot pluralisme, die siening dat nie een godsdiens die waarheid beet het nie. So word byvoorbeeld die aanspraak van Jesus Christus dat Hy die enigste weg na die Vader is, verontagsaam en die deur oopgegooi vir ander gelowe. “Religious pluralism is the belief that one must be tolerant of all religious beliefs because no one religion can be true. This notion agrees with the defining tenets of the Postmodern mood—skepticism of absolute truth, skepticism of a discernable foundation for knowledge, and, in the end, skepticism of all metanarratives (any overarching story that defines reality). As such, many of those immersed in the present Postmodern culture deny religious truth claims.”5 Baie van die ortodokse leerstellings word ondermyn en selfs in twyfel getrek wanneer waarheid nie meer in die Skrif gesoek word nie. Dit geld natuurlik vir die houding teenoor die Skrif in die algemeen en die dan ook die belydenisskrifte van die kerk.

– Die rede

Socinianisme het verder ‘n rasionele benadering tot die Skrif, met ander woorde die verstaan van God kan nie die rasionele grense van die mens verbygaan nie. So is die Skrif dus in diens van die rede van die mens, en daardeur beperk. Eintlik gee die rede verstaan aan die Skrif.6 Na ontwikeling in hulle denke en leerstellings, het die Socinianisme dievolgende siening gehandhaaf:
 

  • 1. Die hoogste beoordelaar van sake van geloof op aarde was menslike rede;

  • 2. Die Skrif moet geïnterpreteer word in ooreenstemming met die beginsels van die rede;

  • 3. Die leerstellings ontwikkel volgens die Skrif moet ook wees volgens die beginsels van rede. Rede mag nie weerspreek word nie.

  • 4. Rede is ook die maatstaf vir die betroubaarheid van die Skrif, om te bepaal of dit die Woord van God bevat.7

Hierdie beskouing het natuurlik verrykende gevolge vir die hantering van die Skrif en die verstaan van ons geloof. Charles Spurgeon het ‘n reeks artikels, geskryf deur Robert Shindler, in sy tydskrif The Sword and the Trowel geplaas oor die afvalligheid in die kerk as ‘n terug gryp op die teologiese gedagtes van die Socinianisme. Waar gemeentes hierdie rasionele skeptisisme begin aanhang het, het daardie gemeentes geestelik agteruitgegaan en selfs doodgeloop.

Die skeiding wat gebring is tussen geloof en rede deur hierdie onderbou moet nie uit die oog verloor word nie. Dit sou die pad oopmaak vir ‘n wetenskaplike benadering tot die Skrif en godsdiens, met katastrofiese gevolge vir geloof. Geloof is nie meer die manier om met God en sy waarheid om te gaan nie, maar die wetenskap. Dr. Andrew Murray verwys in sy evaluering na die aard van die “Moderne Teologie” dat “die moderne teologie, so word ons vertel deur die vriende daarvan, is die uitdrukking van die ‘moderne bewussyn.’ Die hoofgedagte van hierdie moderne bewussyn wat, in teenstelling met die eeue wat aan ons s’n vorafgegaan het, deurtrek is van die wetenskap, is die oortuiging van die onveranderlike natuurorde wat rus op die universele wet dat elke gevolg sy oorsaak binne die natuur het.”8 Verder, “alles het ‘n natuurlike oorsaak: in elke afdeling is daar natuurlike ontwikkeling.”9 “Die bonatuurlike is ontoelaatbaar as ‘n verklaring van die feite wat ons waarneem.”10 Die onsigbare word nou ondergeskik aan die sigbare en die morele aan die fisiese. “Dit erken die geestelike alleen in sover as dit ondergeskik is aan die natuurlike; die rede, godsdiens en die sogenaamde inspirasie – alles binne die natuur, en sy heerskappy.”11 Sy gevolgtrekking is dat die Moderne Teologie niks anders is as ‘n totaal ander wêreldbeskouing as dié van die Bybel nie. Dit is natuurlik die logiese gevolg as die Skrif nie meer die primêre bron van gesag is nie.

Die “onttroning” van God deur die evolusie, die mediese en sielkundige regverdiging van homoseksualisme, die ontkenning van die wonders van Christus, die maagdelike geboorte en die opstanding uit die dood, die bestaan van die engelewêreld, hemel en hel, is alles die gevolg van hierdie rasionele benadering tot die Skrif.

Alhoewel die postmoderne teologie “in opstand” is teen die rasionele van die modernisme, het dit tog nie die onderliggende uitwerking daarvan afgeskud nie, maar eintlik net die uitwerking daarvan “herverpak”.

Met dit as agtergrond oor die onderbou van die Socinianisme en hoe dieselfde idees vandag kop uitsteek in Postmoderne teologie, is dit nodig om oor te gaan na die spesifieke leerstellings wat die Socinianisme geleer het en hoe dit vandag relevant is.

 

Voetnotas

1 Sien http://www.ccel.org/ccel/schaff/hcc8.iv.xv.xi.html?highlight=letters,of,calvin#highlight vir ‘n beskrywing van die skeptisisme waarmee Lelio die leerstellings benader het, soveel so dat Calvin hom in ‘n brief moes waarsku daarteen.
2 http://en.wikipedia.org/wiki/Scepticism
3 http://project.cyberpunk.ru/idb/cyberpunk_films_postmodern_motifs_and_ambience.html
4 http://en.wikipedia.org/wiki/Postmodern_philosophy
5 http://www.allaboutworldview.org/postmodern-theology.htm
6 The doctrines of the Socinians represent a rational reaction to a medieval theology based on submission to the Church’s authority. Though they retained Scripture as something supra rationem, the Socinians analyzed it rationally and believed that nothing should be accepted contra rationem. (http://www.bu.edu/wcp/Papers/Reli/ReliHill.htm)
7 Ibid
8 Andrew Murray, ‘n Lesing Oor die Moderne Teologie in die Commercial Exchange, 28 April 1868.
9 Ibid
10 Ibid
11 Ibid

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *