Om te weet hoe dwaling lyk en om dit te identifiseer is nie heeltemal so maklik in alle gevalle nie, juis omdat dit so baie naby aan die waarheid is. Dit is juis hierdie aspek wat dit nodig maak om te weet hoe dit lyk sodat dienooreenkomstig opgetree kan word. Daar is al hierna verwys, maar Judas het die tema van sy hele brief verander om die kerk te vermaan om die “stry vir die geloof”. Dit is asof ons die boodskap by Judas kry dat om daaroor te skrywe nie die eerste keuse is in vergelyking met die boodskap van die Evangelie nie, maar dat dit nietemin ongelooflik belangrik is om daarvoor te skryf en die kerk in te lig oor hoe dit lyk en wat om daarmee te maak. 

Hier wil ek so paar sake aanraak wat ek nou al ondervind het van groepe en individue wat dwaalleer aanhang. Al die eienskappe wat ek noem, is ook nie by almal teenwoordig of in dieselfde mate teenwoordig nie. Dit hang baie af van die tipe dwaling en die fokus wat die dwaalleraar(s) het. Daar is dus nie ‘n resep om volgens te meet nie en te evalueer nie, slegs riglyne om voor uit te kyk. Dievolgende eienskappe van dwaling gaan bekyk word:

  • Lae siening van die God se Woord
  • Lae siening van God
  • Verwronge idees oor Christus 
  • Wanvoorstellings van die Helige Gees
  • Lae siening van Verlossingswerk
  • Hoë siening van die mens
  • Oordrewe klem op ervaring 
  • Ontduiking of wanvoorstellings van sonde en oordeel
  • Fokus op sosiale aspekte in samelewing
  • Verwerping of oorbeklemtoning van die geesteswêreld en die invloed daarvan
  • Min of geen onderskeiding
  • Outoritêre leierskapstyl 

 

‘n Lae siening van God se Woord
 

Deur die bank kan hierdie kenmerk raakgesien word. Daar is nie ‘n agting vir die Woord van God vir wat dit is nie, maar dit word op verskeie maniere aangewend en uitgelê om verskillende “waarhede” raak te sien en te leer. 

Verstaan mooi. Dit is nie dat hulle nie die Woord gebruik nie, dit is dat hulle die Woord hanteer vir hul eie gewin en wanvoorstellings van die waarheid. Dit is nie nuut nie, ons lees hiervan alreeds in Genesis 3. Dit was die stryd wat Christus moes stry, die Apostels moes beveg en die kerk deur elke generasie mee moes werk. Gewoonlik is dit ook die eerste kenmerk dat iemand in dwaling begin wegglip as hy / sy begin om die Woord op oneerbare wyse begin hanteer en interpreteer. 

Aan die basis van ‘n lae siening van die Woord van God is ‘n minagting vir die gesag wat God se Woord vir leer en lewe. Sien, die sonde in die mens is primêr ‘n rebelsheid teen die waarheid van God en enigiets wat hierdie rebelsheid konfronteer word met minagting hanteer. So is dit met die Woord van God. Daar is geen twyfel nie dat die Skrif jou konfronteer met wie jy is (Hebreërs 4:12), jou totale korruptheid voor God uitwys en die noodsaaklikheid om te bekeer en in volkome afhanklikheid die verlossingswerk in Christus te aanvaar – nie as ‘n werk uit jou eie nie, maar as ‘n genadegawe van God in Christus Jesus. Dwaalleer verwerp hierdie gesag en met dit dus ook die gesag van God wie se Woord dit is. 

Luister maar as dwaalleraars die Skrif uitlê of hulle jou terugverwys na die aansprake van die gesag van God. ‘n Voorbeeld van ‘n preek wat jou onder God se gesag laat neerkniel is in Handelinge 2 waar Petrus die profesieë oor Jesus uitlê vanuit die Ou Testament en dan toepas op die leer en lewe van die Here Jesus. Die skares was “in hulle harte gesny”en het ‘n antwoord gesoek op die probleem waarmee die Skrifuitleg hier hulle gekonfronteer het. Boodskappe, uitleg, bybelstudies, dagstukkies, byeenkomste wat nie die Woord van God voorhou as enigste gesag vir leer en lewe nie, moet vermy word – eintlik moet jy daarvan weghardloop!

“The moment the Church of God shall despise the pulpit, God will despise her.”

Die Skrif self is duidelik dat die begin van dwaling begin by ‘n verkeerde benadering tot God se Woord. Lees maar die talle verwysings hierna. Jesus sê die Sadduseërs dwaal omdat hulle die Skrifte nie ken nie. Paulus, Petrus, Judas waarsku almal dat waar die Skrif verkeerd hanteer word, volg dwaling. Uit hierdie skuinstrek volg ‘n magdom ander karaktereienskappe van dwaling wat almal terug herleibaar is tot die vervalsing van God se Woord. Om blatant te wees, die ganse mensdom is in die sondige en verlore toestand waarin hy is as gevolg van ongehoorsaamheid aan God se Woord.

Daar is baie maniere om die Skrif te verdraai op so manier dat die argumente goed, mooi en reg klink. ‘n Lae siening van God se Woord ontken die onfeilbaarheid, die objektiwiteit, die eenheid, die duidelikheid en die genoegsaamheid daarvan. Wat betref onfeilbaarheid word op talle foute in die Bybel gewys; wat betref objektiwiteit word daarna verwys dat dit ‘n versameling boeke is deur mense geskryf in ‘n tyd wat hulle verstaan van waarheid anders gemaak as ons s’n; wat betref eenheid, word die argument gebruik dat dit iets is wat ingelees word vanuit ‘n sekere interpretasiehoek; wat betref duidelikheid word gewys op sekere kompleksiteite wat die duidelikheid afbreek; en wat genoegsaamheid betref is ander buitebybelse bronne en openbarings nodig met net soveel, indien nie meer nie, gesag. 

Vir ‘n goeie voorbeeld van die effek van ‘n lae siening van God se Woord op ons verstaan van die Skepping, sien A Low View of Scripture deur Ken Ham. Nie slegs die Skepping nie, maar ander belangrike leerstellings word hierdeur beïnvloed, waarna ons in die verloop sal verwys.

Die teenvoeter? ‘n Hoë siening van God se Woord, met ander woorde ‘n erkenning en aanvaarding dat God se Woord die waarheid is, die finale gesag is, nie verdraai behoort te word nie en dat God Drie-Enig daardeur aan die Woord is. Gehoorsaam sy Woord, rig jou lewe daarvolgens in, oordink dit dag en nag, ontwikkel ‘n gesindheid om God se Woord in jou lewe ten volle gesag te gee. Leer die Woord, leef die Woord. Wandel  met die God van die Woord deur sy Woord deel te maak van jou normale lewe.

Ek lees die volgende:

“What are we to do? We must do what Calvin and the Reformers did so long ago. There are no new remedies for old problems. We must come back to old paths. We must capture the centrality and pungency of biblical preaching once again. There must be a decisive return to preaching that is Word-driven, God-exalting, Christ-centered, and Spirit-empowered.”1

Luister dus mooi en lees deeglik wanneer jy na boodskappe, preke, lering, ens. luister of dit bestudeer.  

‘n Lae siening van God se Woord lei noodwendig tot ‘n lae siening van God self, want as sy Woord en die gesag daarvan verwerp word, dan word God self verwerp omdat dit sy Woord is. Hieroor meer in die volgende artikel.

 

Voetnotas

1. Steven Lawson, What’s the Answer to the Modern Day Church?

 

Sien ook

Het die Bybel nog gesag?
Hoe ken ons dwaling?

Die uiteinde van dwaling

‘n Kykie in Jesus se hart oor dwaling

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *