Die term is afkomstig van gnostikos, “geleerd”, van die Grieks γνῶσις gnōsis, kennis. ‘n Algemene karaktertrek is dat “kennis” die weg is tot die verlossing van die siel van die materiële wêreld. Daar is dus ‘n baie sterk dualisme tussen gees (of dan siel) en materie. Materie word gesien as boos en die gevangenis van die siel. Gnosis is dan nou die wyse hoe die siel uit hierdie “gevangenis” bevry word.

 

In christelike kringe word Jesus gereeld gesien as die een wat die kennis bied om dan bevry te word van die materie tronk. Vir die gnostiek is ʼn mens se liggaam dus glad nie belangrik nie. Inteendeel dis eintlik sleg en ʼn hindernis wat keer dat jou denke suiwer kan wees. In sy Christelike vorm het die gnostiek gesê dat Jesus net ʼn geheime kennis wat nodig is vir ons verlossing aan ons kom bekend maak het. Ons liggame, aan die anderkant is sondig en het niks met ons verhouding met God te make nie. 

 

Die gnostiek is ook op soek na ‘n mistieke eenwording met die goddelike wese (wat dan ook inherent deel van die mens is).

 

Dit is interessant dat hier “kennis” een van die beloftes was in Genesis 3 en Eva se oorweging om van die verbode vrug te eet, was juis dat dit nuttig was om kennis te verkry (Genesis 3:6). 

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *