Om te verstaan wat die Ontluikende Kerk verstaan onder die begrip “Woord van God”, “inspirasie van die Woord”, die gesag van die Woord, is dit nodig om so ‘n bietjie van die prominente teoloë te kyk wat hulle denke beïnvloed het. Dit bly maar ‘n feit dat iets nie sommer so uit die lug uit val nie, en so is dit ook met hierdie beweging.

 

Karl Barth, seker een van die mees invloedrykste teoloë van die twintigste eeu, se beskouing oor God se Woord, sou ‘n groot platform bied vir ander teoloë van sy tyd en verder vir die leiers binne die Ontluikende Kerk. Barth was van mening dat die geskrewe Woord nie die Woord van God is nie, maar dit WORD woord van God vir die leser van die teks. Sy benadering so beter bekend raak as die Neo-Ortodoksie. Wikipedia som dit soos volg op:

“The Neo-orthodox doctrine of inspiration is summarized by saying that the Bible is “the word of God” but not “the words of God”. It is only when one reads the text that it becomes the word of God to him or her. This view is a reaction to the Modernist doctrine, which, Neo-orthodox proponents argue, eroded the value and significance of the Christian faith, and simultaneously a rejection of the idea of textual inerrancy. Karl Barth and Emil Brunner were primary advocates of this doctrine.” (Aanlyn Bron)

Kevin DeYoung verduidelik dit soos volg (beklemtoning myne):

“Seventy years ago Karl Barth argued, “The Bible is God’s Word to the extent that He speaks through it.” At the time, Barth was calling liberalism back to the Word, which was a good thing, but he pioneered a new approach in establishing biblical authority, which was not as good.

The Bible, according to Barth, was not itself the Word of God, but as God spoke in and through the Bible, it became for us the Word of God. The Bible is only “derivatively and indirectly” God’s Word, he wrote. The authority of the Word, therefore, resides not in the Scriptures that contain the very words of God, but in Him who speaks through the words of the text” (Kevin DeYoung , Why We Are Not Emergent, p78 & 79).  

 

Stan Grenz en John Franke, twee invloedryke teoloë vir die Ontluikende Kerk, voel redelik gemaklik met hierdie neo-ortodokse beskouing van die Skrif. In hulle Beyond Fundamentalism, stel hulle dit duidelik:

“As we noted earlier, it is not the Bible as a book that is authoritative, but the Bible as the instrumentality of the Spirit; the biblical message spoken by the Spirit through the text is theology’s norming norm. (Beyond Fundamentalism)

According to Grenz and Franke, the text has its own intention, which begins in the author’s intended meaning but is not exhausted by it. We must start with the original meaning of the text, but we are not bound by it. For God has spoken, but He still speaks. The words of Scripture, therefore, are not the norming norm but the Spirit speaking through the Scripture becoming the Word of God.” (Kevin DeYoung , Why We Are Not Emergent, p79)

Daar is ‘n reuse verskil tussen die idee dat die Bybel God se boodskap IS en dat die Bybel boodskappe oor God bevat. Laasgenoemde reduseer die boodskap van die Skrif tot ‘n doodgewone mensgemaakte boek, mensewoorde oor God. Die kritiek teen Barth se benadering en die verdere toepassing deur die teoloë en leiers van die Ontluikende Kerk is duidelik. 

 

Ten eerste is daar ‘n verwerping van die historisiteit van die Skrif. Die konsekwensies hiervan het geweldige implikasies, soos die beskouing dat die Bybel nie die skeppingsverhaal reg weergee nie, maar dat wetenskap beter weet. Genesis 1-11 is ‘n groot punt van debat. Barth en sy neo-ortodoksie sou sê dit maak nie saak of die mense en gebeure werklik historiese waarde het nie. Selfs die werklikheid van Jesus se wonderwerke kan en word trouens afgemaak as narratiewe om ‘n bepaalde kulturele boodskap oor te dra. Die histories-kritiese benadering tot Skrifuitleg het ook baie bygedra tot die behoefte aan “herinterpretasie” vanuit kultuur. Die historiese akkuraatheid van die Skrif maak wel saak, soos so baie verwysings in die Skrif bevestig. Is dit verniet dat God byvoorbeeld al die geslagsregisters laat opteken het? Is dit verniet dat Adam en Christus in byvoorbeeld 1 Korintiërs 15 en Romeine 5 met mekaar vergelyk word? Paulus skrywe self dat alles oor Israel opgeteken is as ‘n waarskuwing vir die kerk (1 Korintërs 10). 

 

Ten tweede word die Goddelike inspirasie van die Woord, en dus daarmee die gesag van die Woord in twyfel getrek. Dit is belangrik om vas te hou daaraan dat dit God se Woorde is, nie mense woorde nie. Anders word die bybel ‘n kulturele boodskap. Die subjektiewe hart en verstand van die mens word dus die bepalende faktor en nie meer God en sy Woord nie. Neem byvoorbeeld vraagstukke soos homoseksualiteit, feminisme, menseregte, hemel en hel, sonde en oordeel. Vir die Ontluikendes het die Skrif nuwe betekenis hieroor (dis reg om gay te wees en selfs die kerk te bedien; die vrou sel rol word geherdefinieer; hemel en hel weggeneem; sonde en oordeel word afgewater). 

 

Verder lei dit tot ‘n ontkenning van die onfeilbaarheid van God se Woord, met ander woorde daar is foute in die Woord. Vir die Ontluikendes bied die narratiewe of mitologiese aard van die Bybel ‘n uitweg hierom. Omdat die skrywers slegs verhale vertel wat geestelike en morele waarde het, is historiese egtheid onnodig en daarom kan foute oor die hoof gesien word. Vanuit hierdie perspektief is die onfeilbaarheid ‘n onnodigheid. Vir God is dit egter nie, veral nie as ons lees sy Woord is gelouter en suiwer, nuttig vir weerlegging en teregwysing, ‘n voorbeeld en waarskuwing vanuit die geskiedenis van God se handeling met sonde en oneregtigheid nie. Dit is ook ‘n maklike manier om die skynbare “teenstrydighede” te verklaar van die Skrif self nie. Dis mos wat ons glo, naamlik Skrif lê Skrif uit. 

 

Karl Barth het beslis nie in sy gedagtes gehad dat ‘n beweging soos die Ontluikende Kerk sou voortbou daarop nie. Dit sou onregverdig wees om dit van hom te sê. Hy het wel ‘n deur oopgemaak wat die leiers en teoloë van hierdie groep gebruik om hulle dwalinge verder te neem. Net nog ‘n sprekende voorbeeld van die versigtigheid waarmee ons met God se Woord moet omgaan. Die huidige uitwerking van die Ontluikende Kerk is ‘n kindertuinpartytjie as ek dink aan wat sal gebeur as die behoudendes gelowiges nie opstaan en daarteen optree nie (iets vir ‘n ander dag). 

“As we return a bit more specifically to Karl Barth’s doctrine of the Bible, Dr. Francis A. Schaeffer was trying to point out that Barth’s emphasis on preaching over Scripture is corrupt because Barth was:

proclaiming a rigorous Christian theology without basing that theology on a supporting text that is considered to be historically accurate as a separation of theological truth from historical truth; for his part, Barth would have argued that making claims about biblical inerrancy the foundation of theology is to take a foundation other than Jesus Christ, and that our understanding of Scripture’s accuracy and worth can only properly emerge from consideration of what it means for it to be a true witness to the incarnate Word, Jesus.” (Aanlyn Bron)

 

Sien ook

Is die Bybel die “Woord van God”?
Het die Bybel nog gesag? 
The Emerging Church Sowing its Neo-Orthodox Confusion on Scripture

 

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *