Oorsprong: Grieks apókruphos, “versteek”, “weggesteek”

Hierdie geskrifte was deel van die Griekse vertaling van die Ou Testament maar nie deel van die Hebreeuse Ou Testament nie. Vir baie eeue is hierdie geskrifte as deel van die volledige Skrif gesien, maar met die Reformasie is hulle goddelike gesag in twyfel getrek en uitgesluit van die Protestantse kanon. Die Katolieke het egter hierdie geskrifte behou as deel van hulle kanon. Daar word ook daarna verwys as die Deuterokanonieke boeke of die Griekse Ou Testamentiese Kanon. 

Die volgende geskrifte word tradisioneel beskou as apokriewe boeke: Barug, Jesus Sirag, 1 en 2 Makkabeërs, Tobias, Judit, die Wysheid van Salomo en dele van Ester en Daniël.

Vanuit ‘n Protestantse oogpunt dra die begrip “apokrief” dus ‘n negatiewe konnotasie, terwyl die Katolieke weer die term “Deuterokanoniek” verkies aangesien hierdie geskrifte aanvaar word as gesaghebbend.
 

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: