Afgelei van: Latyn deus, “god”

Deïsme is ‘n teologiese uitgangspunt oor die verhouding tussen die “Skepper” en die natuurlike wêreld. Hiervolgens meng God glad nie in met die natuurlike funksionering van die wêreld nie. Hy laat dit gevolglik toe om te funksioneer volgens die natuurlike wette wat Hy geskep het. Hy is dus in geen opsig immanent, of dan persoonlik betrokke soos by die teïsme nie, maar word beskou as transendent, of dan afwesig van die skepping. Dit word baie vergelyk met iemand wat ‘n horlosie opwen, dit op die rak neersit en dit vanself laat afloop.

As gevolg van hierdie transendente, afwesige posisie, is daar by die deïsme geen ruimte vir wonderwerke of -tekens nie. God is as’t ware ondergeskik aan die natuurwette wat hyself geskep het.

Dit volg ook dat kennis van God is slegs deur middel van die rassionele en natuurlike waarneming. Dit het implikasies vir die beskouing van goddelike openbaring en skrifbeskouing (wat as God se openbaring gesien word in die teïsme).

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: