Oorsprong: Grieks heis, “een” + theos, “god” = “een god”

Dit is die geloof in een primêre god terwyl daar geglo word in die bestaan of moontlike bestaan van ander gode. Daar kan dus verdeelde sentimente wees by die henoteïs, wat sy / haar aanbidding rig tot die primêre god, maar steeds ruimte laat vir verbintenis met die mindere, of dan laer gode. Daar is moontlike tekens hiervan in byvoorbeeld Israel se godsdienstige lewe in die na-Dawidiese era. Hierdie benadering kan ook bekend staan as inklusiewe monoteïsme of monargale politeïsme.
 

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *