Volgens hierdie beskouing is god in alles, maar alles is nie god nie. In hierdie stelsel is god slegs ‘n rigtingwyser, hy is veranderlik en nie onbeperk in bestaan nie. Hy is altyd besig om te verander, en daarom word dit ook “proses teologie” genoem. Hierdie god staan in ‘n bipolêre verband tot die wêreld, waar die wêreld die een pool is en hy die ander. Daarom is hy en die wêreld interafhanklik van mekaar. Hierdie twee pole word dan ook gesien as die konkrete pool (waar hy van oomblik tot oomblik bestaan) en die abstrakte pool (wat die buitelyne van sy bestaan bevat, sonder die konkrete). Wat wel belangrik is om te sien is dat hierdie god wel ‘n persoonlike karakter het (of kan hê).

In Suid Afrika is die Nuwe Hervormers, ‘n groepering wat uit die Nederduits Gereformeerde Kerk weggebreek het, sowel as die Renaissance groep onder leiding van Abel Pienaar, voorbeelde van godsdienstige groeperings wat sterk neig na en aanklank vind by hierdie stelsel. Dit moet nie verwar word met Panteïsme wat sê god is alles en alles is god nie.
 

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: