Afgelei van: Grieks theos, “god”

Die begrip het ontwikkel in die sewentiende eeu om onderskeid te maak van die opkomende deïsme, wat voorhou dat God, al is Hy verhewe, nie persoonlik betrokke raak by die skepping nie. Dit probeer antwoorde gee oor drie aspekte, naamlik die bestaan van God, sy wese of aard, en sy verhouding tot en betrokkenheid by die skepping.

Hierdie is die beskouing dat die almagtige God as Skepper van alles wat bestaan, ten spyte van al die swaarkry en ellende wat daar is, tog op ‘n baie persoonlike wyse betrokke is by sy skepping en veral gefokus is op die mens wat Hy gemaak het na sy beeld en gelykenis. God is tegelyk verhewe bo sy skepping en persoonlik betrokke daarby. Hy is dus nie slegs die Skepper nie, maar ook die Een wat dit onderhou. Hy kan ook soms wanneer dit nodig is die wette van fisika wat die gang van verskillende aspekte beheer verander om ‘n bepaalde koersverandering aan te bring. Dit is veral die Judaïsme en die Christendom wat hierdie beskouing van God het en tot ‘n sekere mate handhaaf Islam ook hierdie siening. Dus is God hiervolgens persoonlik, teenwoordig en aktief betrokke in die beheer en orde van die skepping. 

Hierdie vorm die basis om baie ander wêreldbeskouings te verstaan wat die bestaan, aard en betrokkenheid van God of gode op een of ander wyse verklaar.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: