Oorsprong: Grieks theologia saamgestel uit theos, “God” + Grieks logia, “uitsprake, praat” = “uitsprake oor God, om oor God te praat”

Teologie is die sistematiese studie van die wese en natuur van God en sy verhouding tot en met die mens en die res van die skepping. Dit behels verder die studie van die Christelike leerstellings in die lig van God se selfopenbaring, hoofsaaklik gevind in die Bybel. Dit is ‘n intellektuele aksie, aangesien dit ‘n rasionele en beredeneerde studie en verdediging van die geloof en aksies van ‘n individu of groep behels. 
 

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *