Oorsprong: Latyn transsubstantiatio, Grieks metousiosis “vernadering van substansie”

Die vraag na die teenwoordigheid van Christus tydens die Mis (Eucharist), word deur die Rooms Katolisisme beantwoord met die gedagte van die “Transubstansiasie”. Die kern hiervan is amptelik verwoord tydens die Konsilie van Trent se Dertiende sessie met die volgende uitspraak:

 

“And because that Christ, our Redeemer, declared that which He offered under the species of bread to be truly His own body, therefore has it ever been a firm belief in the Church of God, and this holy Synod doth now declare it anew, that, by the consecration of the bread and of the wine, a conversion is made of the whole substance of the bread into the substance of the body of Christ our Lord, and of the whole substance of the wine into the substance of His blood; which conversion is, by the holy Catholic Church, suitably and properly called Transubstantiation.”1

 

Met die toewyding van die brood en wyn, verander die elemente werklik in die liggaam en bloed van Christus, sodat die teenwoordigheid van Christus nie slegs simbolies is nie, maar fisies. Die verandering moet reg verstaann word. Dit vind plaas op so wyse dat die eienskappe van die elemente onveranderlik bly, maar die substansie verander. “Substansie” word verstaan as die “essensie” van die elemente. Dink byvoorbeeld aan ‘n motor. Die kleur van die motor is nie die motor nie, so-ook is die wiele nie die motor nie. Ons kan sê die motor het wiele en kleur, maar is dit nie. Verder die menslike liggaam. Die onderskeie dele bly slegs organiese materiaal sonder enige substansie terwyl daar nog geen lewe betrokke was nie. Indien dit egter deelgehad het aan die lewe van ‘n persoon, en daardie persoon, verteenwoordig dit die peroon, of andersom, die substansie daarvan is die persoon. Die substansie daarvan is dus nou meer as die organiese materie, dit is nou iemand. Wanneer jy dus nou aand daardie dele raak, raak jy aan die persoon.

Wanneer die elemente dus deur die priester gewy word, verander die “essensie” daarvan in die liggaam (die brood) en die bloed (die wyn) van Christus. Volgens die Roomse siening het die brood en wyn se essensie verander toe Christus gedank het en die elemente aan sy dissipels gegee het. Die uiterlike vorm het nie verander nie, maar die onderliggende essensie daarvan. Daarom voel, ruik en proe dit steeds soos die oorspronklike. 

Die teenwoordigheid van Christus is dus fisies, maar ook meer, naamlik in sy totaliteit, wat beteken Hy is is fisies, geestelik en goddelik teenwoordig. Dit is moontlik as gevolg van sy opstanding uit die dood.

 

“In the most blessed sacrament of the Eucharist ‘the body and blood, together with the soul and divinity, of our Lord Jesus Christ and, therefore, the whole Christ is trulyreally, and substantially contained.’”2

 

Die teenwoordigheid van Christus is dus nou so ‘n werklikheid, dat om aan die elemente te raak, in werklikheid ‘n aanraking van Christus is.3

 

Voetnotas

1 Schaff, Phillip, Creeds of Christendom, with a History and Critical notes. Volume II. The History of Creeds, 1876, CCEL, 156; Waterworth, J (ed.), The Council of Trent The canons and decrees of the sacred and oecumenical Council of Trent, London: Dolman, 1848, 78

2 Catechism of the Catholic Church, 1374, http://www.vatican.va/archive/ENG0015/__P41.HTM#$1MR. Beklemtoning myne.

3 Ibid., 1377

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: