Wat lê ten diepste agter die begrip “Sola Scriptura“? Dit is ‘n begrip wat ons baie maklik gebruik, veral in die apologetiek en ook redelik gemaklik toedig aan die tyd van die Reformasie. Die slagspreuk “die Bybel alleen” word dan iets waarop ons groot klem lê. Tog is dit nodig om vir onsself uit te maak wat ons bedoel as ons sê: “Sola Scriptura”. Die gevaar lê in die ondeurdagte subtiele toepassing van “Solo Scriptura” en hierdie verandering van “Sola” na “Solo” kan die wêreldse verskil maak.

Die probleem raak duideliker aan die hand van ‘n voorbeeld uit die huidige teologiese stryd, veral soos vanuit die sogenaamde Emerging Church, of dan Ontluikende Kerk, gepropageer word. Daar is geen agting meer vir die gedagte van die objektiewe waarheid nie. Dit het natuurlik geweldige implikasies vir die leer, of dan dogma van die kerk, want as daar nie meer so iets soos objektiewe waarheid is nie, is leerstellings ook nie meer so relevant nie. Selfs die plek van belydenisskrifte word nie meer geëer nie.

Doug Pagitt skrywe byvoorbeeld in ‘n onlangse artikel:

Every Christian has heard some version of this story of the fall. The technical aspects of it might be up for grabs, but the basic ideology—that human beings are inherently depraved and broken and that’s why our perfect God cannot be in a relationship with us until we are fixed up—remains the same.

It might seem like I’m exaggerating to make a point, but honestly, I’m understating the case. The official version proclaimed by the many varieties of Christian faith through the ages states that human beings start their lives as sinners who are not just bad but enemies of God. Back in the 1640s the Church of Scotland tried its hand at articulating a view of humanity in order to teach people the doctrines of the church. The result is the Westminster Confession of Faith. It’s pretty clear that it’s a sorry fate to be human. And as much as we’d like to believe we have moved beyond such extreme theology, this explanation has held so firmly that many churches still uses this catechism in their teaching. I’m not trying to pick on the Presbyterians. The Lutheran Church has its own version of this story dating back to 1530. In 1801, the Anglicans and Episcopalians decided to say it. 

It’s one thing to recite these confessions and statements in a Sunday school class. It’s a very different thing to live out a theology of inherent depravity (that humans start out lacking anything good). We can say we believe that humanity is evil and depraved and that we enter the world this way. But I don’t think this fits the Christian story, nor do many of us truly hold to it. (Aanlyn Bron)

Al het hy die verkeerde kant van die slang hier beet, is dit duidelik dat hy geen agting het vir die historiese leer en belydenisse van die kerk nie. Hy beroep homself tog op die Bybel in hierdie artikel van hom. 

Prof. Stefan Joubert het op ‘n stadium self sekere uitlatings gemaak wat die belydenisskrifte in diskrediet bring teenoor die Bybel waarop hy homself wil beroep.[1] Dit kan maklik as “Sola Scriptura”, die Skrif alleen beskou word en as ons nie mooi reg verstaan wat die begrip beteken nie, sal ons maklik met hom kan saamgaan. Ek is seker daarvan ek is nie die enigste een wat al gehoor het – en moontlik ook selfs gesê het – iemand sê hy luister maar net na die Bybel en nie na ander nie. Op die oppervlak mooi woorde, maar is dit “Sola Scriptura”?

Waar kom die begrip vandaan?

Die konsep is nie eie aan die tyd van die Reformasie nie, alhoewel dit wel in daardie tyd tot die spits gedryf is. Ons sien ons alreeds in die lewe van Jesus en die apostels. Jesus het telkens verwys na die Skrif as gesag vir leer en lewe. ‘n Mens sou dink dat dit nie vir Jesus nodig sou wees nie, maar tog het Hy, en met sy hantering van die Skrif het Hy alreeds die begrip van “Sola Scriptura” toegepas. 

So-ook sien ons hoedat die skrywers van die Bybel – die is Ou en Nuwe Testamente – hulle telkens beroep op die Skrifte as hulle gesagsbron. 

Die kerkvaders het voortgebou hierop. Vir hulle was dit natuurlik om alles te meet en te toets aan die gesag van God se Woord. Dievolgende statistieke oor die gebruik van die Skrif is verstommend:  

The extensive use of Scripture by the fathers of the Early Church from the very beginning are seen in the following facts:

Irenaeus: He knew Polycarp who was a disciple of the apostle John. He lived from c 130 to 202 AD. He quotes from twenty-four of the twenty-seven books of the New Testament, taking over 1,800 quotations from the New Testament alone.

Clement of Alexandria: He lived from 150 to 215 AD. He cites all the New Testament, books except Philemon, James and 2 Peter. He gives 2,400 citations from the New Testament.

Tertullian: He lived from 160 to 220 AD. He makes over 7,200 New Testament citations.

Origen: He lived from 185 to 254 AD. He succeeded Clement ofAlexandria at the Catechetical school at Alexandria. He makes nearly 18,000 New Testament citations.

By the end of the 3rd century, virtually the entire New Testament could be reconstructed from the writings of the Church Fathers.[2]

Kyk byvoorbeeld na hierdie beoordeling van die vroeë kervaders:

“For Tertullian, Scripture is the only means for refuting or validating a doctrine as regards its content… For Irenaeus, the Church doctrine is certainly never purely traditional; on the contrary, the thought that there could be some truth, transmitted exclusively viva voce (orally), is a Gnostic line of thought… If Irenaeus wants to prove the truth of a doctrine materially, he turns to Scripture, because therein the teaching of the apostles is objectively accessible. Proof from tradition and Scripture serve one and the same end: to identify the teaching of the Church as the original apostolic teaching. The first establishes that the teaching of the Church is this apostolic teaching, and the second, what this apostolic teaching is.”[3]

Telkens wanneer daar verifikasie van leer is, is daar terug verwys na die Skrif. Ons kan hierdie lyn histories gaan navolg tot by die Reformasie. “Sola Scriptura” was dus nie iets nuuts wat uit die Reformasie gekom het as iets wat vreemd was aan die kerk se geskiedenis nie. Dit was die aanvaarde norm binne die behoudende kerk, en telkens wanneer dwaling of kettery die kerk se voortbestaan bedryg (het), is daar terug geval op die historiese beginsel van “Sola Scriptura”. 

 

Natuurlik was daar aansprake op “bronne” buite om die Skrif sedert die tye waarin die kerk gevorm en begin groei het. Daar was byvoorbeeld die Gnostiese bewegings wat op “geestelike” ervarings en visoene sou opereer en stelselmatig sou daar ander bronne van “gesag” wees waarvolgens waarheid bepaal is. By die Konsilie van Trent tydens die 16de eeu n.C. word onder andere dievolgende gesê oor die hantering van die dokumente en uitleg van die Skrif en die gesag van die kerk:
 

“The same sacred and holy Synod, considering that no small utility may accrue to the Church of God, if it be made known which out of all the Latin editions, now in circulation, of the sacred books, is to be held as authentic , ordains and declares, that the said old and vulgate edition, which, by the lengthened usage of so many years, has been approved of in the Church, be, in public lectures, disputations, sermons and expositions, held as authentic; and that no one is to dare, or presume to reject it under any pretext whatever.

Furthermore, in order to restrain petulant spirits, It decrees, that no one, relying on his own skill, shall, in matters of faith, and of morals pertaining to the edification of Christian doctrine…presume to interpret the said sacred Scripture contrary to that sense which holy mother Church […] Contraveners shall be made known by their Ordinaries, and be punished with the penalties by law established.” (Aanlyn Bron)[4]

Opgesom, die Konsilie van Trent het die Skrifgesag en die gesag van die kerk en kerkleiers gelyk gestel, selfs sover dat die gesag van die kerk hoër is as dié van die Bybel.

Also, the Bible and Church Tradition (not mere customs but the ancient tradition that made up part of the Catholic faith) were equally authoritative. (Aanlyn Bron)[5]

Dit was binne hierdie raamwerk dat die Reformatore terug geval het op die beginsel wat nog altyd gegeld het vir regsinnige teologie en gesonde leer, naamlik “Sola Scriptura”. Die vraag is wat hulle daarmee bedoel het?

Wat beteken “Sola Scriptura” dan? 

Om hierdie vraag te antwoord, is dit nodig om telkens te kyk hoe hierdie beginsel gebruik word. Vir die Reformasie was dit duidelik – die idee van gesag wat gesetel was in die hande van die kerk en tradisie was ‘n euwel. Dat die Skrif op dieselfde vlak en selfs ondergeskik aan die kerklike gesag moes wees, was net eenvoudig onaanvaarbaar. Die oproep tot “Sola Scriptura” was ‘n oproep tot die herstel van die gesag van die Woord van God bo dié van die kerklike leierskap en die oorgelewerde tradisies. Vir die Reformasie, en trouens, vir die kerkvaders wat hiermee gewerk het, was die gesag van die Woord die finale outoriteit rakende sake van geloof en lewe en dit as gevolg van ‘n paar belangrike aspekte as onderbou daarvan:
 

  • Die Goddelike Inspirasie

  • Die Goddelike gesag

  • Die Duidelikheid

  • Die Effektiwiteit

  • Die Onfeilbaarheid

  • Die Genoegsaamheid

Dit is duidelik dat dié wat die histories outentieke beginsel van Sola Scriptura gehandhaaf en verdedig het, almal van oortuiging was dat die Bybel God se gesaghebbende bron van waarheid is, met ander woorde dat die kerk in die Bybel objektiewe waarheid vind. Hierdie waarheid was ten diepste gesetel in die Seun van God, die Here Jesus Christus, wat die verpersoonliking is van God se waarheid. God het dan ook die bybelskrywers deur Sy Gees gedrywe om hierdie waarheid op te teken en daarom dra dit sy gesag. 

Om hierdie juiste rede kan geen kerk of individu die gesag van die Skrif bevestig of wegneem nie – dit is God se Woord en Hy gee daaraan gesag. Die gelowige aanvaar die gesag en onderwerp daaraan in leer en lewe – “Sola Scriptura” in praktyk.

Dit is duidelik dat waar die gesag van die Woord dus nie meer so beskou is nie, tree daar dwaling in. Kyk byvoorbeeld na wat die Konsilie van Trent sê oor die idee van die vagevuur (purgatory):

Whereas the Catholic Church, instructed by the Holy Ghost, has, from the sacred writings AND the ancient tradition of the Fathers, taught, in sacred councils, and very recently in this ecumenical Synod, that there is a Purgatory, and that the souls there detained are helped by the suffrages of the faithful, but principally by the acceptable sacrifice of the altar; the holy Synod enjoins on bishops that they diligently endeavor that the sound doctrine concerning Purgatory, transmitted by the holy Fathers and sacred councils, be believed, maintained, taught, and every where proclaimed by the faithful of Christ. (Aanlyn Bron – beklemtonings myne)[6]

Die Skrif is nie geraadpleeg nie, maar die kerklike tradisies, leiers en vergaderings. Hierdie bogenoemde tendens is nie vreemd aan outoritêre groeperinge (soos die Roomse kultus) nie, maar ook nie by liberale teologieë nie. ‘n Moderne (of moet verder sê postmoderne) tendens is om selfs die wetenskap en die gesag daarvan langs – selfs bo die gesag van die Skrif te plaas. Dr Ben du Toit se boek God? geloof in ‘n postmoderne tyd[7] is ‘n sprekende voorbeeld hiervan. Dit is duidelik dat Du Toit dol verlief is op die wetenskap en die Skrif en sy gesag moet wetenskaplik verklaar word – eintlik losgewikkel word van die voorwetenskaplike kettings wat die dwase fundamentaliste aanhang.[8]

Beteken dit nou dat “Sola Scriptura” beteken “Solo Scriptura”, met ander woorde SLEGS die Skrif soos hierbo na verwys? Sou dit beteken dat die belydenisse geen plek meer het nie, die dogmas van die kerk moet afgetakel word omdat dit deur kerkvergaderings so besluit is? As ons dit onder “Sola Scriptura” gaan verstaan, dan gaan ons baie verkeerd wees, want “Sola” is nie “Solo” nie. 

Deur die geskiedenis is dit duidelik dat die regsinniges wat aan die gesag van die Woord as van God vasgehou het in die sin waarna in hierdie artikel verwys word, ook ‘n hoë agting gehad het vir die kollektiewe besluite van die leiers van die kerk. So byvoorbeeld is die belydenisse van Nicea, Athanasius en die bekende Apostolise Geloofsbelydenis erken as – en hier is die belangrike kwalifiseerder – in ooreenstemming met die Skrif. Wat die kerkleiers besluit is, is nooit as die finale gesag beskou nie. Dit het altyd verwysde gesag, met ander woorde die Skrif het nog steeds die finale sê. 

‘n Solo benadering doen dus nie reg aan die kerkhistoriese betekenis van Sola Scriptura nie. Dit sal die teologie laat verval in ‘n subjektivisme en relativisme waar die kerk geswaai word deur enige gedagte wat bybellesers kan uitdink. Dit sal lei tot uiterste kerklike chaos wat leerstelligheid betref, aangesien dogmas nie meer rigtinggewend kan wees nie. “Die Bybel Alleen” of “Solo Gratia” benadering het al te veel nuwe openbaringe wat die histories-ortodokse en Skrifgeverifieerde leerstellings opgelewer met gepaardgaande dwalinge wat daarop volg. Die vraag is: indien die Bybel alleen geld (Solo), waar lê die gesag dan? Verder: was Christus dan verkeerd toe Hy die apostels en profete aangestel het as die outoriteit in die vroeë kerk (Handelinge 6, Handelinge 15)? Die probleme wat opduik is meer as die oplossings.

Sola Scriptura het allereers te make met die finale bron van gesag vir leer en lewe en nie met die verwerping van kerklike besluite en leierskap nie en belydenisse nie. Deur laasgenoemde kom die kerk tot eenheid wat die leer is, altyd onderworpe aan die Woord van God as die objektiewe bron van waarheid en rigtingwyser vir die kerk in sy soeke en strewe om daardie waarheid vas te vat en uit te leef.

 

Voetnotas

1. http://www.ekerk.org/profiles/blogs/oor-belydenisskrifte-waarhede
2. What did the Early Church believe about the authority of Scripture? (sola Scriptura)
3. Ibid
4. Canons and Decrees of the Council of Trent
5. http://en.wikipedia.org/wiki/Council_of_Trent
6. Canons and Decrees of the Council of Trent
7. Dr. Ben du Toit, God? Geloof in ‘n postmoderne tyd, CLF Uitgewers, 2000. 
8. Verwys Die Gesag van die Bybel en die Getuienis van die Heilige Gees

 

Ander bronne

Keith A. Mathison, Solo Scriptura The Difference a Vowel Makes, Modern Reformation, Issue : “Gods Unto Ourselves” March/Apri l  2007 Vol. 16 No. 2 Page number(s): 25-29
Gary Mancilas, 16th century Reformers: ‘Scripture Alone’ is the Christian’s authority

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *