Dordtse Leerreëls (uitgebreide teksverse)

Die belydenisskrif bevat die beslissing van die Sinode van die gereformeerde Kerke van die Verenigde Nederlande, wat in die jare 1618 en 1619 in Dordrecht gehou is, oor vyf leerstellings waaroor in die Gereformeerde Kerke van die Nederlande verskil ontstaan het. Die belydenisskrif handel oor geloof, wedergeboorte, bekering, volharding, heiliging in samehang met die werk […]

Heidelbergse Kategismus (Uitgebreide teksverse)

Die Heidelbergse Kategismus is een van die basiese belydenisskrifte van bykans alle Gereformeerde Kerke, wêreldwyd. Die doel was om die Bybelse leer te verduidelik. Dit slaag uitstekend daarin. Dit verwoord wat in die Bybel staan, soos wat die Kerk dit verstaan en so aan lidmate leiding gee. Dit is baie nuttig om dwaling te identifiseer […]

Apostoliese Geloofsbelydenis – Inleidend

Inleiding [Onlangs het ons begin met ʼn studie van die Apostoliese Geloofsbelydenis. Wat volg is die eerste sessie hiervan, Hierdie sessie is inleidend oor belydenisskrifte.]  Waarom Belydenisse? Voordat ons kan inspring in die studie van die Apostoliese Geloofsbelydenis (AGB), is dit eers nodig om uit te klaar waarom die belydenis van die kerk, en daarom […]

VERGEETBOEKE?? Die waarde van ons belydenisskrifte

Dr. Chris Saayman – NG Kerk Tafelberg (Hierdie praatjie is gelewer tydens die byeenkoms van die Kaapse Studiegroep op 15 Junie 2013 om die 450 jaar bestaan van die Heidelbergse Kategismus te vier) Alles verander gedurig. Dit bring soveel onsekerheid, ook oor die evangelieboodskap en die Bybel as sulks. Ís daar ooit iets soos waarheid? […]

Belhar en die NG Kerk

Die proses in die NG Kerk om die Belhar Belydenis aanvaar te kry, word verder geneem deur ‘n stel van vrae wat opgestel is en binnekort versprei gaan word. Die vrae volgens hierdie berig is  Wie is God? Wie is ons in Christus? Vir wie maak God ons ’n naaste? Hoe gebruik God ons in hierdie […]

Kaapse Studiegroep Omsendbrief 7 Junie 2012

Liewe Broers en Susters, Die lidmate van die NG Kerk het die onderlinge ooreenkoms dat hulle die Skrif in die lig van die Drie Formuliere van Eenheid verstaan. Daar is deesdae baie verskillende interpretasies van die Heilige Skrif.   Daarteenoor verklaar lidmate van die NG Kerk met hulle geloofsbelydenis dat hulle die Woord van God glo […]

Die effek van die dwalinge van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk Deel 3 – Objektiewe Waarheid word afgebreek

  Die Ontluikende Kerk se siening oor wat waarheid is, naamlik dat daar nie so iets is soos objektiewe waarheid nie, het geweldige groot implikasies vir die Evangeliese Kerk. Dit was nog altyd die belydenis van die Evangeliese Kerk dat die waarheid waaraan dit vashou en glo, ononderhandelbaar is. Trouens, Christus is die Waarheid. In […]