In ‘n onlangse artikel het ek die stelling gemaak dat een van die riglyne wat aangelê word om dwaling te identifiseer, is ‘n lae siening van God. Daarin het ek ook die stelling gemaak dat hierdie is die direkte gevolg van ‘n lae siening van God se Woord. Nou lees ek hierdie interessante woorde van Tony Jones, een van die hoof kokkedore van die Ontluikende Teologie. Hy sê die volgende na aanleiding van ‘n podcast[1] wat hy geluister het: 

 

These have prompted me to think that progressives have a God-talk problem. That is, progressives write lots of books and blog posts about social issues, the church, culture, and society. But we don’t write that much about God. That is, we don’t say substantive things about who God is, what God does, etc.

You might say the same thing about conservative Protestants (i.e., “evangelicals”). But the thing is, their people pretty much know what they think of God. It’s well-known and on the record.

Progressive/liberal/mainline theology, on the other hand, has a PR problem. We might think that people know what we think about God, but they don’t. It’s clear in the comments on this blog and elsewhere.[2] [beklemtoning oorspronklike outeur s’n]

Die interessante is dat hierdie ‘n self-erkenning is van die beweging waarvoor hy staan en propageer. Wat verder insiggewend is dat hy erken dat die konserwatiewe protestante seker is waarvan hulle praat. Wat verder opval uit hierdie woorde is dat hy homself skaar teenoor die protestantse teologie saam met die progressiewe, liberale, en wat hy noem “mainline” teologie. 

Om egter by die verband met my genoemde artikel te kom, is dit duidelik dat Jones hier erken dat hy (en die teologie wat hy verteenwoordig) ‘n lae siening van God het en dat hulle nie ‘n “substantiewe” standpunt oor God kan gee nie. Hy gaan egter verder om dit nog meer uit te lig in die uitdaging wat hy aan hierdie teoloë rig:

Write something substantive about God. Not about Jesus, not about the Bible, but about God. 

Wat hy hier vra is om oor God te dink buite-om God se openbaring. Hulle mag nie skrywe oor die Bybel nie, maar hoe skrywe jy oor God sonder om Christus en die Bybel te betrek? Artikel 2 van die Nederlandse Geloofsbelydenis sê dit duidelik dat ons God ken die twee dinge, naamlik die skepping en die Woord. Hebreërs 1 verwys na Jesus as die finale finale praat van God. Jesus het self gesê ons ken die Vader deur Hom.

Dus, terwyl hy sy dwalende geneigdheid so duidelik uitspel in sy besef dat hy nie genoeg substantief sê oor God nie, wil hy ook hê die teoloë waarmee hy saamstap moet idees oor God opdiep uit bronne wat nie gesagvol is nie! Hy openbaar sy dwaasheid verder in sy reaksie op die resultate van die uitdaging:

Maybe … I misunderstand revelation, but I actually think there are lots of things to say about God without talking about Jesus. Jews seem to be able to do it.

That’s not to say that your vision of God shouldn’t be christocentric. I think it should. But as a Christian, you should also be able to articulate aspects of your doctrine of God without referencing Jesus of Nazareth.[3] [beklemtoning oorspronklike outeur s’n] 

Jones se selferkenning hier is net weereens ‘n bewys dat ‘n wegbeweeg van God se Woord is ‘n wegbeweeg van die waarheid oor God. Sy teologie is dus gebou op valsheid, dit propageer ‘n God wat nie volgens die Skrif geken word nie. Al sit hy sappige sous dié van Christologie oor, oortuig dit nie as hy in dieselfde asem sê Christus moet uit die prentjie gehaal word nie wanneer hulle oor God praat nie. Sy teologie openbaar ‘n lae siening van God en sy Woord.

 

Voetnotas

1. Die podcast kan van hier af afgelaai word. Al verwys ek hierna, onderskryf ek nie noodwendig die inhoud nie. Ek verwys ter wille van volledigheid van die agtergrond.
2. Tony Jones, A Challenge to Progressive Theo-Bloggers.
3. Tony Jones, Progressive Talk about God: Lots of Throat Clearing

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: