(Hierdie verklaring is ooreengekom by die byeenkoms van die Kaapse Studiegroep op 15 Junie 2013)

Met die viering van die vierhonder-en-vyftigjarige bestaan van die Heidelbergse Kategismus, is dit ons begeerte om ons verbintenis aan die Kategismus opnuut te bevestig. Ons aanvaar dit as uitdrukking van ons geloofsoortuiging omdat dit met die Heilige Skrif ooreenstem. Daarin leer ons die weg van saligheid ken langs die weg van kennis van hoe groot ons sonde en ellende is, hoe ons van ons sonde en ellende verlos kan word en hoe ons God vir so ‘n verlossing dankbaar moet wees. Ons bely en getuig dat ons alleen deur die soensverdienste van Jesus Christus van al ons sonde verlos is en onder leiding van die Heilige Gees aan die hand van die Heilige Skrif ons danbaarheid elke dag tot eer en verheerliking van die Naam van God wil uitleef.

Soli Deo Gloria

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *