Ken jou terme – Simul Justus Et Peccator

Oorsprong: Alle begrippe is van Latynse oorsprong. Simul, “gelyktydig, tegelyk” + Justus, “regverdig” + et, “en” + peccator, “sondaar” = “gelyktydig geregverdig en sondaar” Hierdie begrip is deur Dr. Martin Luther gebruik om die toestand van die gelowige uit te druk. Die verstaan van regverdigmaking was nie ‘n verwydering van die ou sondige natuur sodat […]

Ken jou terme – Soli Deo Gloria

Oorsprong: Latyn soli, “alleen” + Latyn Deo, “God” + Latyn gloria, “heerlikheid” = “Aan God alleen die Heerlikheid” Die Reformasie het die duidelike boodskap van die Bybel hiermee herbevestig, naamlik dat God alleen die heerlikheid waardig is. Geen mens, geen instansie of organisasie, geen werk, geen vermoë, niks wat bestaan, sigbaar of onsigbaar, mag die […]

Ken jou terme – Sola Fide

Oorsprong: Latyn sola, “alleen” + fide, “geloof” = “geloof alleen” Die vraag wat ten diepste deur hierdie sola beantwoord word is naamlik hoe die mens kom tot die regte verhouding met sy god, wat in die Christelike leer bekend staan as regverdigmaking. Dit raak dus nie alleen die leer waarmee die hervormers te make gehad […]

Ken jou terme – Sola Gratia

Oorsprong: Latyn sola, “alleen” + gratia, “genade” = “genade alleen” Teen die tyd dat Martin Luther sy 95 stellinge teen die kerk se muur gaan vasspyker het, het die Rooms Katolisisme ‘n redding voorgestaan wat nie meer op die voltooide werk van Christus alleen gebou was nie, maar die mens medeverantwoordelik gemaak het vir sy […]

Ken jou terme – Sola Scriptura

Oorsprong: Latyn sola, “alleen” + scriptura, “skrif” = “bybel alleen” Die begrip word terug herlei na die tyd van die hervorming en moet in daardie konteks verstaan word. Die Rooms Katolieke het in die verloop van tyd allerhande ander bronne van gesag vir leer en lewe begin aanhang, byvoorbeeld die uitsprake van die pous (ex […]

Ken jou terme – Teologie

Oorsprong: Grieks theologia saamgestel uit theos, “God” + Grieks logia, “uitsprake, praat” = “uitsprake oor God, om oor God te praat” Teologie is die sistematiese studie van die wese en natuur van God en sy verhouding tot en met die mens en die res van die skepping. Dit behels verder die studie van die Christelike […]

Ken jou terme – TULIP

Die impak van die Remonstrante, of dan soos hulle later bekend sou staan die Arminiane, was duidelik voelbaar in die kerk. Die leiers in die Nederlandse kerke van Gereformeerde oortuiging, was verdeeld oor die twee uiteenlopende standpunte soos verteenwoordig deur die Remonstrante en die behoudendes. Dit sou lei tot een van die belangrikste kerkvergaderings in […]

Ken jou terme – Remonstrante

Om hierdie beweging te verstaan, is dit nodig om te weet waar hulle vandaan kom. Jakobus Arminius (1560-1609) het sy bediening begin as ‘n volbloed ondersteuner van die teologiese leerstellings soos verwoord deur Augustinus en later Johannes Calvyn. Gedurende 1582-1587 studeer hy te Genève onder veral Theodor Beza en vandaar is hy na Amsterdam as […]