Ken Jou Terme – Arianisme

Oorsprong Aan die begin van die 4de eeu n.C. het ‘n sekere Presbiter, Arius, in Aleksandrië begin leer dat Jesus nie van dieselfde wese van God die Vader is nie. Dit het hy geleer in teenstand teen Biskop Alexander van Aleksandrië. Alexander het geleer Jesus en die Vader was van dieselfde substansie (homoousios). Daarom was […]

‘n Seisoen van Dwaasheid

Ek hou daarvan wanneer iemand sy siening oor iets uitspreek. Dan weet ek hoe hy oor dinge dink en waar ek met hom staan. Vir dieselfde rede hou ook daarvan wanneer ‘n groep hulle standpunte openbaar maak. So weet ek dan ook of ek hulle kan ondersteun of nie. Maar ek raak baie bekommerd wanneer […]

Die onveranderlikheid van God: ‘n antwoord op Ds Jaco Thom

Beste Ds Jaco, Ek het onlangs jou twee skrywes, of is dit nou blogs, gelees oor die onveranderlikeheid van God.1 Ek het natuurlik soos baie ander sou, eers die eerste gelees, en ‘n week later die tweede. Ek verstaan dat jy in die tweede blog probeer om regstellings te maak op die eerste, maar dit […]

ben du toit

JJ Kotze, TF Burgers, JJ du Plessis, Ben du Toit en Raamwerkverskuiwings

Die onlangse saak in die NG Kerk waarin Dr Ben du Toit vrygespreek is van leerdwaling deur die Ring van die Paarl laat ‘n mens nogal ver terugkyk in die geskiedenis van die NG Kerk in Suid Afrika. Daar was al ‘n paar gevalle waar prominente leiers in die NG Kerk aangekla is van leerdwaling. […]

Die NG Kerk, Kerkbode, Abel Pienaar en Dwaling

Dit gons behoorlik rondom die onlangse gebeure by die Kerkbode, die nuusblad van die NG Kerk, nadat een van sy beriggewers, die bekende – of sal ons sê berugte – Jean Oosthuizen uit sy pos geskors is. Dit nadat hy klaarblyklik die direksie van die blad se naam in die openbaar tot skande gemaak het. Lees […]

Die Socinianisme en die Dwalinge in die Kerk Deel 1

Wanneer dwaling sy kop uitsteek, is dit belangrik om te weet wat die historiese wortels daarvan is. Die Afrikaanse kerk in Suid Afrika, veral die NG Kerk en die Hervormde Kerk gaan die afgelope klompie jare gebuk onder geweldige leerstellige druk. Natuurlik is daar ‘n ontkenning daarvan deur dié wat die dwaalleer aanhang en verkondig, […]