[Onlangs het ons begin met ʼn studie van die Apostoliese Geloofsbelydenis.]
Die Apostoliese Geloofsbelydenis (AGB) het nie eensklaps ontstaan nie. Inteendeel, daar het ‘n hele klompie eeue verloop voordat dit amptelik in sy huidige vorm aanvaar is. Die AGB in sy finale vorm, is eers so laat as die 7de of 8e eeu aanvaar.1 So-ook het elke individuele artikel elk ‘n eie ontwikkeling ondergaan – sommige meer as ander, en hier en daar is daar een sonder enige aanpassings deur die eeue. Die doel van hierdie afdeling is om bietjie van hierdie historiese ontwikkeling te verstaan ten einde die belydenis self beter te plaas en te begryp.
Naam van die Belydenis
Die naam van die AGB kan tweërlei verstaan word. Die eerste is met verwysing na die legende oor die ontstaan van die AGB. Die eerste “amptelike” verklaring van die inhoud van die belydenis deur Tyrannius Rufinus,2 vertel vir ons van hierdie legende. Hiervolgens was elkeen van die twaalf Apostels verantwoordelik was vir een van die twaalf artikels. Dit lui as volg:
Our fathers of old have recorded that, after the ascension of the Lord, when, by the coming of the Holy Ghost, tongues of fire had rested upon each of the Apostles, that they might speak in manifold and diverse languages, so that no people, however strange, no speech, however barbarous, should seem to them inaccessible or beyond attainment, they received command from the Lord each to go to the various nations and preach the word of God. And thus, before separating from one another, they first agreed together upon a fixed standard for their future preaching, that so by no possibility, when they had dispersed, could they vary in their teaching of those who were called to believe in Christ. When, therefore, they had all met together, and were filled with the Holy Ghost, they composed, as we have said, this short token of their future preaching, each contributing to the one decree his own decision. And this rule they resolved was to be given to believers.3
Interessant soos dit ook al mag klink, is dit ‘n uitgemaakte saak dat hierdie slegs ‘n legende is,4 en dat die AGB ‘n lang en moeisame pad moes stap tot waar die finale teks van die belydenis aanvaar is. Elkeen van die artikels wat daarin opgeneem is, is die uitdrukking van ‘n lang en ingewikkelde pad waardeur die kerk dit wat kern is tot die Christelike geloof moes bepaal. Die belydenis is verder ook nie die resultaat van een individu se oordenkinge nie, maar dié van die Westerse kerk in sy geheel.5
Die tweede verstaan van die naam is wel sinvoller, daarin dat, alhoewel die Apostels nie elkeen verantwoordelik was vir ‘n artikel nie, die leringe van die Apostels wel die basis vorm vir die leerstellings opgeneem in die AGB. Daarom kan dit tereg die Apostoliese Geloofsbelydenis genoem word, want die leer van die Apostels, soos vervat in die Skrif, en veral die Nuwe Testament, is die fondament daarvan. Tegelyk bind dit dan ook die kerk wêreldwyd aanmekaar in die belydenis van hierdie waarhede, as uitdrukking van die eenheid van die liggaam van Christus in die waarheid soos deur die Apostels oorgelewer.6
Onderrig aan Nuwe Dooplidmate
Soos reeds aangedui, het die AGB het sy wortels in die onderrig van die nuwe dooplidmate van die kerk. Dr. Willie Jonker verduidelik soos volg:
Belydenisskrifte verskil van die oud-kerklike simbole daarin dat dit ‘n samevatting van die essensiële inhoud van die Christelike geloof gee. Dit was nie die doel van die oud-kerklike simbole nie. Hulle was eintlik bedoel om in die liturgie gebruik te kan word. Daarom is dit ‘n uitbreiding van die trinitariese doopformule wat as ‘n persoonlike geloofsbelydenis geformuleer is.7
Soos vantevore alreeds aangedui, het die vroeë kerk nie die weelde van die Bybel gehad nie. Amptelik was daar wel die Ou Testamentiese geskrifte, en die briewe wat die Apostels aan die gemeentes geskrywe het, maar van ‘n volledige Bybel soos ons dit vandag ken, was daar geen sprake nie. Hierdie toedrag van sake het ‘n baie groot uitdaging aan die kerk gestel: hoe word nuwe bekeerlinge geleer wat die waarheid van die Christelike geloof is? Die antwoord was onder andere geleë in die sogenaamde “symbols”, herkenningstekens, en dan veral die Ou Romeinse Simbool (RS) (Old Roman Symbol).8
Hierdie RS is ‘n 2de eeuse “belydenis”, wat gebaseer is op die sogenaamde “rules of faith”, of dan “maatstawwe van geloof” wat gebruik is om die nuwe lidmate in te lei in die gemeenskap van gelowiges. Rufinus se verklaring van die belydenis het hierdie RS gebruik,9 wat tot ‘n groot mate die kern van die twaalf artikels van die AGB vervat het. ‘n Vergelyking tussen die RS en die AGB se finale vorm wys dit vir ons baie mooi.10
Ou Romeinse Simbool | Apostle’s Creed | Apostoliese Geloofsbelydenis |
I believe in God the Father almighty; | I believe in God the Father Almighty [Maker of heaven and earth] | Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde |
and in Christ Jesus His only Son, our Lord, | And in Jesus Christ, his only Son, our Lord | En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here |
Who was born by the Holy Ghost of the Virgin Mary | Who was [conceived] by the Holy Ghost, born of the Virgin Mary | wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria |
Was crucified under Pontius Pilate and was buried | [Suffered] under Pontius Pilate, was crucified [dead], and buried; [He descended into Hell (Hades)] | wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het |
The third day he rose from the dead | The third day he rose from the dead | wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode |
He ascended into heaven; and sitteth on the right hand of the Father | He ascended into heaven; and sitteth on the right hand of [God] the Father [Almighty] | wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader |
From thence he shall come to judge the quick and the dead. | From thence he shall come to judge the quick and the dead | van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe, en die wat reeds gesterf het |
And in the Holy Ghost | [I believe] in the Holy Ghost | Ek glo in die Heilige Gees |
the holy Church, | The Holy [Catholic] Church [The communion of saints] | ek glo aan ‘n heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges |
The forgiveness of sins | The forgiveness of sins | die vergewing van sondes |
The resurrection of the body (flesh) | The resurrection of the body (flesh) | die opstanding van die vlees |
[And the life everlasting] | en in ‘n ewige lewe. |
Tabel 1: Vergelyking tussen die Ou Romeinse Simbool en die Apostoliese Geloofsbelydenis
Slotopmerkings
Sonder om te diep in die geskiedenis in te duik, is dit steeds nodig om die historiese ontwikkeling van die AGB te waardeer. Nie alleen het die nuwe bekeerlinge aanvanklik hierby gebaat nie, maar ook het latere ekumeniese belydenisse hierby aangehaak, veral met ‘n meer apologetiese inslag.
Voetnotas
1 Schaff, Philip. Creeds of Christendom, With A History and Critical Notes Vol.1 Grand Rapids, Michigan: Christian Classics Ethereal Library, 1877 , 39-40
2 Rufinus, Tyrannius. A Commentary on the Apostles’ Creed London: Methuen & Co. Ltd, 1916
3 Rufinus. A Commentary on the Apostles’ Creed , 2-3
4 Schaff. Creeds of Christendom, With A History and Critical Notes, Vol 1, 43
5 Schaff. Creeds of Christendom, With A History and Critical Notes, Vol 1, 36
6 Schaff. Creeds of Christendom, With A History and Critical Notes, Vol 1, 35
7 Jonker, Willie D. Bevrydende Waarheid: Die Karakter van die Gereformeerde Belydenis Wellington: Hugenote Uitgewers, 1994 , 6
8 Jonker. Bevrydende Waarheid , 4
9 Schaff. Creeds of Christendom, With A History and Critical Notes, Vol 1, 38
Bibliografie
Aquinas, Thomas. “Thomas Aquinas: On the Apostles’ Creed.” Accessed Apr 21, 2014. http://dhspriory.org/thomas/Creed.htm
Baron, John. The Greek Origin of the Apostles’ Creed: Illustrated by Ancient Documents and Recent Research Oxford, London: Parker & Co., 1885
Calvin, John. The Institutes of the Christian Religion Grand Rapids, Michigan: Christian Classics Ethereal Library, 2002
Harnack, Adolf. The Apostles’ Creed edited by Thomas B. Saunders. Grand Rapids, Michigan: Christian Classics Ethereal Library, 1901
Hunt, Dave. How Close Are We?: Compelling Evidence for the Soon Return of Christ Eugene, Oregon: Harvest House Publishers, 1993
Jonker, Willie D. Bevrydende Waarheid: Die Karakter van die Gereformeerde Belydenis Wellington: Hugenote Uitgewers, 1994
Keith, Graham. “The Formulation of Creeds in the Early Church.” Themelios Volume 24 Number 1 (1998): 13-35
Kelly, J. N.D. Early Christian Creeds Londen, New York: Continuum, 1960
Knight, Kevin. “Apostles’ Creed.” Accessed Apr 21, 2014. http://www.newadvent.org/cathen/01629a.htm
Leith, John H. Creeds of the Churches New York: Anchor Books Doubleday & Company, Inc., 1963
Myers, Steve. “Three Days and Three Nights: Did Jesus Keep His Word?.” Accessed Apr 21, 2014. http://www.ucg.org/doctrinal-beliefs/three-days-and-three-nights-did-jesus-keep-his-word/
Rufinus, Tyrannius. A Commentary on the Apostles’ Creed London: Methuen & Co. Ltd, 1916
Schaff, Philip. Creeds of Christendom, With A History and Critical Notes Vol.1 Grand Rapids, Michigan: Christian Classics Ethereal Library, 1877
Schaff, Philip. Creeds of Christendom, With A History and Critical Notes Vol.2 Grand Rapids, Michigan: Christian Classics Ethereal Library, 1877
Witsius, Herman. Sacred Dissertations on What Is Commonly Called the Apostles’ Creed Vol.1 A. Fullarton & Co. Edinburgh and Khull, Blackie & Co. Glasgow, 1823
Witsius, Herman. Sacred Dissertations on What Is Commonly Called the Apostles’ Creed Vol.2 A. Fullarton & Co. Edinburgh and Khull, Blackie & Co. Glasgow, 1823. Hiervolgens