Ek het al telkens verwys na hoe gevaarlik die teologie van die Ontluikende Kerk is. In die reeks oor die effek van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk het ek alreeds agt areas hanteer waar hierdie teologie die evangeliese kerk seer maak. ‘n Onlangse artikel van Doug Pagitt, een van die leiers van die Emergent Village, bevestig maar net weereens hoe uiters gevaarlik hierdie dwaling is.
Die artikel is ‘n aanpassing van sy boek A Christianity Worth Believing, gepubliseer deur Jossey-Bass, 2008. Die artikel verskyn op Faith & Fitness Magazine.Net se webtuiste, en is getiteld: Wonderfully Made. Nou, alreeds uit die titel van hierdie artikel hoor ons die verwysing na Psalm 139:14:
I will praise thee; for I am fearfully and wonderfully made (King James Version).
Soos hy dan ook sê: “just like the Bible says”. Die artikel begin met die verhaal uit sy skooldae toe die skoolkinders op die bus ‘n meisie liederlik sleg hanteer het, en konstant ook. Die kwessie wat hy probeer aanraak is dat sy nie so hanteer behoort te word nie omdat sy volgens die Bybel “fearfully and wonderfully” gemaak is. Dit kom vir hom neer op die goedheid wat in alle mense is omdat hulle na die beeld van God geskape is:
We have an instinctive belief that there is a goodness in all human beings that needs to be protected and preserved. There is an age-old Christian understanding of each human being as imago dei (Latin for “the image of God”).
Hier het ons nou al klaar ‘n probleem met Pagitt se teologie dat daar “goodness in all human beings” is wat beskerm moet word. Die Bybel is hieroor duidelik in Romeine 3:10-18:
Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie. Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie. Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie. Hulle keel is ‘n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog, die gif van adders is onder hulle lippe. Hulle mond is vol vervloeking en bitterheid. Haastig is hulle voete om bloed te vergiet. Verwoesting en ellende is in hulle paaie, en die weg van vrede ken hulle nie. Daar is geen vrees van God voor hulle oë nie.
Let op Paulus se beklemtoning van die die korruptheid van alle mense. Verder in vers 23:
want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,
Die skrywer van Spreuke vermaan ons:
Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word (4:23).
Dit sou nie nodig gewees het indien daar goedheid in die mens was wat beskerm moes word nie. Die mens in sy natuurlike toestand het eenvoudig net nie daardie kapasiteit om onvoorwaardelik die eer aan God te gee nie.
Pagitt gaan nou verder om die ortodokse evangelie aan te val en te weerlê as vals en verkeerd. Soos hy sê: “Yet those of us who learned a particular version of Christianity were told another story of humanity.” Met ander woorde die evangelie soos dit aan die mens oor die eeue heen verkondig is, het hierdie waarheid wat hy nou hier uitruk heeltemal misgekyk en verkeed gehad. Die leer van die Erfsonde, of dan Total Depravity of Man, om die engelse term te gebruik, is vir hom geensins aanvaarbaar nie, omdat dit hoort tot die sfeer van die verkeerde weergawe van Christenskap. Hy val natuurlik nie slegs die leer van die Erfsonde aan nie, maar ook die genoegsaamheid van die verlossing wat Christus sou bring:
Jesus could bridge the gap between God and me, but that didn’t change the rotten state of my essential being. Until I got to heaven, I would just have to accept that I was a broken, wicked sinner.
Hy trek die hele verhaal van die val van die mens in sonde in twyfel:
But that story has been papered over by a version of the creation story I like to call “From Very Good to Really, Really Bad.” Other people call it “The Fall.”
Let op sy gebruik van die woord “papered over by a version”, met ander woorde die verhaal wat die Bybel self vertel, die een waarna hy so geredelik verwys as sy bron van gesag, is ‘n toesmeerdery, ‘n versindsel, ‘n valsheid. Hierdie valse weergawe het die volgende as essensie:
This sin had great consequence; it was not just disobedience. It changed all that very goodness and plunged Adam and Eve into a depraved, fallen state. This fallen state somehow changed the nature of humanity. The original status was lost and replaced by original sin and a debased version of humanity that was then passed from parent to child like a genetic disease.
Dan kom sy duidelike standpunt hieroor:
But I don’t think this fits the Christian story, nor do many of us truly hold to it. New life (verwysende na die geboorte van ‘n baba) just doesn’t seem to fit with this notion of inherent depravity.
Hierna pas hy die teologie van Erfsonde negatief toe:
One could argue that the logic of every person being born depraved and living as a sinner until being released from sin at the point of death makes infertility a sign of God’s kindness.
Let daarop dat hy nie die verlossing in Christus hier bytrek nie, want dit sal onmiddelik sy standpunt breek. Hy leer die volgende “The disconnect between what I was taught about the human condition and what I knew and believed to be true finally made sense when I realized that the theology of depravity was yet another hand-me-down from the fifth century and the church’s efforts to create a clear Greek-Christian hybrid” en dig dit toe aan Augustinus en latere geleerdes.
Tog dink ek nie hy lees die Bybel so lekker reg nie, want Augustinus het nie Psalm 51 geskrywe nie. In vers 5 sê Dawid (nie Augustinus nie):
Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.
Nou as ek my wiskunde nie verkeerd het nie, is Dawid ‘n hele klompie jare van Adam en Eva af gebore. Dawid sê hy het sy sonde van sy ma af gekry alreeds by geboorte. Nou vra logiese denke mos maar waar het sy dit gekry (en sy was verseker nie Eva nie, anders werk die somme nie uit nie). Dit is maklik om leringe soos hierdie aan te vat en dit van die tafel af te vee as historiese versinsels, maar jy kan nie by die Bybel verbykom nie, veral nie as dieselfde Bybel sê die mens is “fearfully and wonderfully made”, maar ook ”
in ongeregtigheid gebore” nie.
Pagitt se antwoord is net so wollerig soos sy hantering van die Bybel:
That’s why we need to tell that better story, the story that lets us know that we are created in the image of God, as partners and collaborators with God. This very well might be the best time to be alive, not because of new health care efforts but because we are here—you and me—and we are to join with God in the world. We live in a time of hope because we are God’s people and God is a God of possibilities, of potential, of goodness.
Vir hom is die antwoord daarin dat ons moet besef ons is geskape na God se beeld. Ons is kwansuis God se vennote, sy mense en Hy is ‘n God van moontlikhede!
‘n Paar probleme kom uit Pagit se Christianity na vore:
-
Die mens is “fearfully and wonderfully made”, maar die skepping, vorming van die mens het niks met sy verlorenheid as gevolg van die sondigheid uit te make nie. Niemand ontken dat die mens ‘n fantastiese wese geskape is nie – selfs God het dit gesê. Sonde neem dit nie weg nie, inteendeel, sonde verwoes dit juis.
-
Die Bybel is duidelik oor wat met Adam, Eva en die res van die menslike geslag gebeur het, daarom die sterk klem op Jesus as die tweede Adam. Deur die eerste het sonde in die wêreld ingekom, deur die tweede lewe deur die Gees.
-
Pagitt maak die verlossingswerk van Christus af as onnodig, want dit is juis waarom Hy aan die kruis gesterf het – vir die sonde van die mens. Neem jy sonde weg, het jy nie meer die kruis nodig nie. Weereens ‘n voorbeeld van die “ander Jesus” van die Ontluikendes. Die een wat eintlik net ‘n mooi lewe kom leef het en toe ‘n tragiese dood moes sterf – en dit eintlik onnodig.
-
Pagitt breek ook die gesag van die hele Nuwe Testament, die apostels en profete, die waarheid aan die kerk oorgelewer af. Hulle het almal die korrupte evangelie verkondig (dus was Paulus in Pagitt se oë ‘n totale dwaas toe hy Romeine 3 geskrywe het, en sy hele lewe daarvoor gegee het).
-
Sy begrip van die “geskape na God se beeld” is uiters oppervlakkig. Vir hom is dit alleen die antwoord op alle antwoorde. Op grond daarvan is jy kind van God. Hoe anders as die leer van die Bybel wat sê slegs deur geloof in Christus op grond van ‘n indiepte besef van sonde en hartgrondige bekering word jy deel van God se kinders.
-
Sy godsgebrip is skokkend. God is regverdig, heilig, ver bo die mens verhewe, nie sy vennoot nie. God haat sonde en ongehoorsaamheid. Die skrywer van Hebreërs is duidelik: “vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God”. Lees maar net Psalm 1 en 2, Jesaja 6 om ‘n idee te kry van die totale ander God as wat Pagitt vir ons voorhou.
-
Sy oplossing is vals. Die bybel se oplossing is “Bekeer jou”. In Handeling 2 vra die ouens vir Petrus wat hulle moet doen: Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep. En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag (Handelinge 2:37-40). Hier is niks van ontdek die beeld van God, weet jy is sy vennoot, hy is vol moontlikhede nie! Nee, die antwoord: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word.
Pagitt verkondig hier ‘n vals evangelie, ‘n vals hoop, ‘n vals god, en onderskryf dit met ‘n vals bybel. Wees versigtig vir die versindsels van die Ontluikende Kerk. Hulle teologie is uiters gevaarlik, hoe leeg en hoe vlak dit ook al is. Die Christen sal goed doen om nie aan hierdie valsheid gehoor te gee nie.