Die Heidelbergse Kategismus is een van die basiese belydenisskrifte van bykans alle Gereformeerde Kerke, wêreldwyd. Die doel was om die Bybelse leer te verduidelik. Dit slaag uitstekend daarin. Dit verwoord wat in die Bybel staan, soos wat die Kerk dit verstaan en so aan lidmate leiding gee. Dit is baie nuttig om dwaling te identifiseer en te weerlê, kinders en nuwe lidmate te onderrig en na te slaan wat die Bybelse standpunt oor onderwerpe en twisvrae is. Dit is nog net so heerlik vars as toe dit opgestel is in 1561, omdat dit fokus op geloofsake en nie soseer op eietydse probleme nie.

Dis egter frustrerend om die baie teksverwysings in ‘n boekvorm na te slaan. Teksverse is dus ingeplak en ‘n detail inhoudsopgawe bygevoeg. Die weergawes op hierdie webwerf is gemik op gerieflike gebruik met rekenaars, tablette en selfs selfone. Die volgende formate is beskikbaar. (Kliek daarop om dit dit af te laai.) Pdf werk ook goed op Android en Windows selfone en tablette.

Die afgelaaide lêers kan met Adobe Reader weergawe 9 en bo gelees word, asook Foxit Reader. (Gratis van die internet aflaaibaar.) Die inhoudsopgawes is aktief as Bookmarks daarin gekies en aktiveer word.

Kliek hier onder om die dokument af te laai:

Die-Heidelbergse-Kategismus-met-uitgebreide-tekste-2018-01-15

Download in English. Readable with Adobe Reader, or Foxit Reader. Both are free and can be dwonloaded from the internet.

Enable Bookmarks. Then the Table of contents as well as a side TOC are active.:

Click for Heidelberg Cathecism with extended verses.

Heidelberg-Confession-of-Faith-with-expanded-verses-2017-03-21

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *