OMSENDBRIEF. Nr. 5 van 2013

Desember  2013

 

Liewe broeders en susters in Christus,

Met die laaste vergadering wat ons as Kaapse lede gehou het, is besluit om volgende jaar, 2014, vier groter byeenkomste te hou.  Vir die verskillende geleenthede wil ons verskillende sprekers kry. Vir die eerste geleentheid het prof. Fika van Rensburg, dekaan van die Teologiese Fakulteit van Noord-Wes Universiteit, Potchefstroom, ingewillig om te kom.  Sy onderwerp sal handel oor die gesag van die Bybel.

Prof. Fika se reaksie op ons uitnodiging was:

 ‘Dankie vir die eer! Ek sal graag met julle Studiegroep saamdink oor "Die gesag van die Skrif". Ek sal my voorberei vir die uur of wat se inleiding, die groepwerk, en 'n besprekingsessie daarna. Ek hou van jou idee van die publikasie op die Web. Dalk 'n video met 'n kombinasie van my praat en die Powerpoint-aanbieding. Tyd sal leer wat die beste is.

 

 

Ek sal graag 'n opsomming van die referaat (dalk 'n volgstuk met gespreksvrae) 'n dag of wat voor die tyd aan jou stuur; ek kan ook die nodige afdrukke maak en saambring.

 

 

Ek begin graag saam met julle die jaar met 'n biddende saamsoek daarna om te kan sê: "Só spreek die Here Here!"’

Die byeenkoms sal DV. Saterdagoggend die 22ste Februarie 2014 van 9:30 to 13:00 plaasvind.  Die plek en ander besonderhede sal ons later laat weet.  Wil U nie intussen voorbidding doen dat alles in Koninkryksbelang goed sal afloop nie?

Ons vra, vir dié van u wat dit kan bywoon, om ook vriende wat soos ons voel, saam te bring. Meer nog, vriende en kennisse wat saamstem, gee hulle name vir ons dat die groep al groter kan word. 

U kan enige tyd reageer of ’n boodskap vir ons stuur.  Ons wil graag van u hoor.  Stuur u skrywe aan Danie du Plessis.  Sy gegewens is:

Epos: [email protected]

Tel:    021 855 2391      

Selfoon: 072 726 6018

Posadres. Posbus 1879, Somerset-Wes, 7129

 

Ons wil u weereens ‘n wonderlike Christus Kerfees toebid.  Mag 2014 ook ‘n jaar wees wat deur die Here vir u geseënd sal wees.

 

Met vriendelike groete in Christus

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *