Oorsprong

Grieks: leitouria, “werk van die mense”

Kategorie

Kerklik

Beskrywing

Dit beskryf die wyse hoe groepe hulle aanbidding orden en sluit beide die handelinge van die voorganger (liturg) en die respons van die groep in. Die liturgie van ‘n geloofsgemeenskap is sy reaksie op en uitdrukking van die godsdienstige oortuigings en behels aktiwiteite in wat lof, danksegging, verootmoediging, en bekering reflekteer. Hierdie elemente word vervat in o.a. gebede, sang, gebruik van die sakramente, en voorlesing. Die liturge behels ook die voorbereiding van die liturgiese ruimte, die kleredrag, die hantering van simboliese elemente, ens.

In die Rooms Katolieke en die Oosters en Grieks Ortodokse Kerke word die byeenskomste gekenmerk deur oordrewe liturgiese beheer, terwyl die Pentekostalistiese en Charismatiese kerke weer minder ingestel is op die liturgiese orde. Ongeag aan watter spektrum van die liturgiese fokus ‘n spesifieke groepering lê, die byeenkomste word steeds gereguleer deur ‘n bepaalde mate van orde wat as liturgies beskou kan word.

Sekere groeperinge gaan selfs sover as om hulle jaar in te rig volgens ‘n sogenaamde liturgiese jaar.

Bronne

Verwant

Advens, Liturgiese Jaar