Oorsprong: Grieks pan, “alles” + theos, “god”

Hierdie is die siening dat god is alles en alles is god. Alles bevat dus goddelikheid. Vir die mens beteken dit dat hy god is omdat god in alles is. Die onderskeid wat ons in die teïsme het tussen die Skepper en die skepsel, die ongeskape God en die geskape werklikheid verval hier om god in alles te vind en alles tot god te verklaar. Hinduïsme, Boedisme, en die New Age, is voorbeelde van groeperinge wat hierdie beskouing omhels.

Teologies moet ons nie die leer van God se alomteenwoordigheid verwar met panteïsme nie. Sy teenwoordigheid beteken nie dat daar waar Hy is, bevat sy goddelike natuur nie. Ook moet die feit dat die skepping sy heerlikheid verkondig (sien byvoorbeeld Psalm 19 en Rom. 1:18-21) verstaan as dat die skepping sy goddelike natuur is nie.

Panteïsme word ook soms verwar met Panenteïsme, wat in kort die siening is dat god is in alles maar alles is nie god nie.
 

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *