Oorsprong: Grieks pneuma, “gees” of “wind” + logia, “spreke”, dus spreke oor die gees.
Die Pneumatologie is daardie dissipline in die Teologie wat die leer van die persoon en werk van die Heilige Gees bestudeer. Temas wat gereeld aangeraak word is die wedergeboorte, heiligmaking, die doop met die Heilige Gees, die gawes van die Heilige Gees, die vrug van die Heilige Gees, die inspirasie van die profete, die inspirasie van die Bybel en die inwoning van die Heilige Gees in die gelowige.
‘n Baie belangrike aspek in die pneumatologie is die verhouding van die Heilige Gees tot die ander twee persone van die Drie-eenheid, sowel as die persoon en karakter van die Heilige Gees.