Wie is Ons
By bybelwaarheid.com is ons daartoe verbind om die vertroue van alle besoekers op ons webwerf te behou. Ons wil veral hê dat u moet weet dat bybelwaarheid.com nie handel dryf met die verkoop, huur of verhandeling van e-poslyste met ander ondernemings en besighede vir bemarkingsdoeleindes nie.
In hierdie privaatheidsbeleid verskaf ons gedetailleerde inligting oor wanneer en waarom ons persoonlike inligting versamel, hoe ons dit gebruik, die beperkte voorwaardes waarop ons dit aan ander kan openbaar en hoe ons dit veilig hou.
Ons neem u privaatheid ernstig op en neem maatreëls om ‘n veilige omgewing aan alle besoekers en gebruikers van bybelwaarheid.com te bied.
Koekies (Cookies)
bybelwaarheid.com kan koekies (cookies) op u rekenaar instel en verkry. Koekies word gebruik om die basiese inligting aan ons stelsel te voorsien om die dienste te lewer wat u aanvra. Koekies kan te eniger tyd uit die internetblaaierinstellings verwyder word.
“Google Analytics”
Wanneer iemand bybelwaarheid.com besoek, gebruik ons ‘n derdeparty-diens, Google Analytics, om standaard internetnaspeurinligting en besonderhede van gedragspatrone van besoekers te versamel. Ons doen dit om statistieke te versamel, soos die aantal besoekers aan die verskillende dele van die webwerf en interaksie met die webwerf. Hierdie inligting word op ‘n manier verwerk wat niemand identifiseer nie. Ons wend geen poging aan nie, en laat ook nie toe dat Google pogings aanwend om die identiteit van besoekers op ons webwerf te verkry nie.
Webtuiste Opmerkings
Besoekers van bybelwaarheid.com het die moontlikheid om kommentaar te lewer op sekere artikels of bladsye. Indien kommentaar gelewer word, is u geregtig daarop om skuilname of inligting te gebruik wat u identiteit geheel en al verberg. As u kommentaar lewer, word die betrokke inligting (naam, e-pos, webwerf) wat u verskaf, geberg. Hierdie besonderhede word gestoor sodat ons u kommentaar aan u en aan almal wat die kommentaargedeeltes op die webwerf kan sien, weer te gee. Waar verifikasie van inligting vereis word, word dit gedoen om strooipos te verhoed. Verifikasie verskaf nie inligting aan enige derde party om inligting te versamel nie.
Derde partye
Daar mag omstandighede wees waar u IP-adres, geografiese ligging en ander blaaier verwante inligting met derde party ondernemings gedeel kan word. Ons kan u bogenoemde data van tyd tot tyd met derdeparty-ondernemings deel. Dit gebeur wel in uiter uitsonderlike gevalle en dan met die grootste agting vir u privaatheid.
Toegang tot u persoonlike inligting
U is geregtig om u persoonlike inligting in ons besit te besigtig, te wysig of te skrap. Stuur u versoek aan William by [email protected] en ons werk saam met u om enige van u persoonlike inligting te verwyder.
Veranderinge aan ons Privaatheidsbeileid
Ons kan moontlik in die toekoms veranderinge aan hierdie privaatheidsbeleid aanbring, maar die nuutste weergawe van die beleid sal ons verwerking van u persoonlike data reguleer en sal altyd tot u beskikking wees.
Indien ons ‘n verandering aan hierdie beleid maak wat na ons goeddunke wesenlik is, sal ons u waar moontlik deur ‘n opdatering of e-pos in kennis stel. Indien u voortgaan om toegang tot ons dienste te verkry of dit gebruik, stem u in tot die voorwaardes van ons privaatheidsbeleid.