Drie-eenheid

Die Struktuur van die Apostoliese Geloofsbelydenis – Die Trinitariese Struktuur

Trinitariese Struktuur Uit die hantering van die formele struktuur het dit duidelik geword dat die Apostoliese Geloofsbelydenis (AGB) wentel rondom die geloof in die Drie-Enige God. Elke artikel word op een of ander wyse verbind aan een van die drie persone van die Drie-Eenheid. Artikel 1 het spesifiek betrekking op die Vader, 2-7 op Jesus, […]

Die Struktuur van die Apostoliese Geloofsbelydenis – Formele Struktuur

[Onlangs het ons begin met ʼn studie van die Apostoliese Geloofsbelydenis.] Ten einde ‘n betekenisvolle begrip van die Apostoliese Geloofsbelydenis (AGB) te hê moet ons ook die struktuur daarvan begryp. Die AGB is nie slegs ‘n klomp idees wat uit ‘n hoed getrek en toe sonder nadenke bymekaar gesit is. Allermins! Daar is ‘n duidelike […]

Die Apostoliese Geloofsbelydenis – Agtergrond

[Onlangs het ons begin met ʼn studie van die Apostoliese Geloofsbelydenis.]  Die Apostoliese Geloofsbelydenis (AGB) het nie eensklaps ontstaan nie. Inteendeel, daar het ‘n hele klompie eeue verloop voordat dit amptelik in sy huidige vorm aanvaar is. Die AGB in sy finale vorm, is eers so laat as die 7de of 8e eeu aanvaar.1 So-ook […]

‘n Seisoen van Dwaasheid

Ek hou daarvan wanneer iemand sy siening oor iets uitspreek. Dan weet ek hoe hy oor dinge dink en waar ek met hom staan. Vir dieselfde rede hou ook daarvan wanneer ‘n groep hulle standpunte openbaar maak. So weet ek dan ook of ek hulle kan ondersteun of nie. Maar ek raak baie bekommerd wanneer […]

Die Algemene Sinode van die NG Kerk 2013

Die Algemene Sinode van die NG Kerk het van Sondag, 6 Oktober, tot Donderdag, 10 Oktober 2013, in Port Elizabeth vergader. By die vergadering is heelwat besluite geneem. Op Maandag het die sinode alreeds besluit oor Artikel 1 van die Kerkorde. Artikel 1 handel oor die belydenisgrondslag van die kerk. Dit sluit in die Bybel […]

Inleiding tot die Eietydse Interpretasie van die Apostolicum

Prof. Johan Janse van Rensburg 1 Die implisiete leser as die teiken Dit is ‘n lywige dokument wat pas bekend gestel is. ‘n Deeglike en omvattende teologiese refleksie is dus op hierdie stadium nie moontlik nie. Aangesien die dokument aan die Algemene Sinode voorgelê word, is dit dringend noodsaaklik om enkele opmerkings te maak. Let […]

Belhar en die NG Kerk

Die proses in die NG Kerk om die Belhar Belydenis aanvaar te kry, word verder geneem deur ‘n stel van vrae wat opgestel is en binnekort versprei gaan word. Die vrae volgens hierdie berig is  Wie is God? Wie is ons in Christus? Vir wie maak God ons ’n naaste? Hoe gebruik God ons in hierdie […]

Ken jou terme – Vier Kenmerke van die Ware Kerk

Ook: Kenmerke van die Kerk Die kenmerke beskryf die beskouing in die Christendom dat die liggaam van Christus, of dan die Kerk, gekarakteriseer word deur vier onderskeie kenmerke. Hierdie vier kenmerke kan raak gelees word in die vroeë kerkgeskiedenis. Dit is ook opgeneem in belydenisskrifte en belydenisse van die vroeë kerk. Die belydenis van Konstantinopel […]

Kaapse Studiegroep Verklaring

In die lig van die verwarrende uitsprake deur sekere teoloë en sommige kerklike vergaderings, verklaar ons, lidmate van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, die volgende: 1.     Ons verklaar dat die Bybel in sy geheel en in al sy dele die onfeilbare Woord van God is.   Ons bely, soos in die Nederlandse Geloofsbelydenis (NGB) artikel 3: “dat hierdie […]