Judas gee raad oor dwaling

Dit is altyd ‘n moeilike vraag wat jou te doen staan wanneer jy dwaling raaksien. Dit is ook gewoonlik so dat dit nie sommer skielik op jou afstorm en jou oorval nie. Die insypeling daarvan gebeur gewoonlik oor tyd. Mense is maar “creatures of habit”, en enige skielike verandering maak onmiddelik onrustig. Maar geleidelike aanpassings […]

Eienskappe van Dwaling – Lae siening van God

Ek is besig om na ‘n klompie eienskappe, noem dit karaktertrekke, van dwaling te kyk. Valsheid kom nooit as iets nuuts en onbekends nie, dit word wel anders verpak sodat dit moeiliker herkenbaar is. Dit is ook so dat sekere dwaalleer meer subtiel is en moeiliker om onmiddelik te identifiseer, en daarom is dit nodig […]

Eienskappe van Dwaling – Lae siening van God se Woord

Om te weet hoe dwaling lyk en om dit te identifiseer is nie heeltemal so maklik in alle gevalle nie, juis omdat dit so baie naby aan die waarheid is. Dit is juis hierdie aspek wat dit nodig maak om te weet hoe dit lyk sodat dienooreenkomstig opgetree kan word. Daar is al hierna verwys, […]

Die effek van die dwalinge van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk Deel 2 – Objektiewe Waarheid word afgebreek

Ons is besig om te kyk na die effek wat die dwalinge van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk het. In die eerste deel het ek daarop gewys dat ‘n baie groot en negatiewe uitwerking is dat die Ontluikendes, in navolging van die Postmodernisme en in reaksie op die Modernisme, die objektiewe waarheid verruil vir […]

Die uiteinde van dwaling

In die bekende (of berugte) gedeelte waar Paulus vir Timoteus skryf oor die afvalligheid van die laaste dae, skrywe hy nogals iets baie insiggewends. “En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof.  Maar hulle sal […]

Hoe ken ons dwaling?

In ons soeke na die waarheid van die Bybel, moet ons voortdurend waak daarteen dat ons prooi val vir een of ander dwaalleer wat ons op ‘n verkeerde spoor plaas en ons geestelike welsyn en geestelike groei belemmer. Paulus noem in Efesiërs 4:13-15 dat kennis van die Seun van God ons help om tot volwassenheid […]