Gnostiek
n Algemene karaktertrek is dat “kennis” die weg is tot die verlossing van die siel van die materiële wêreld. Daar is dus ‘n baie sterk dualisme tussen gees (of dan siel) en materie. Materie word gesien as boos en die gevangenis van die siel. Gnosis is dan nou die wyse hoe die siel uit hierdie “gevangenis” bevry word.
