VERGEETBOEKE?? Die waarde van ons belydenisskrifte

Dr. Chris Saayman – NG Kerk Tafelberg (Hierdie praatjie is gelewer tydens die byeenkoms van die Kaapse Studiegroep op 15 Junie 2013 om die 450 jaar bestaan van die Heidelbergse Kategismus te vier) Alles verander gedurig. Dit bring soveel onsekerheid, ook oor die evangelieboodskap en die Bybel as sulks. Ís daar ooit iets soos waarheid? […]

Die Socinianisme en die Dwalinge in die Kerk Deel 1

Wanneer dwaling sy kop uitsteek, is dit belangrik om te weet wat die historiese wortels daarvan is. Die Afrikaanse kerk in Suid Afrika, veral die NG Kerk en die Hervormde Kerk gaan die afgelope klompie jare gebuk onder geweldige leerstellige druk. Natuurlik is daar ‘n ontkenning daarvan deur dié wat die dwaalleer aanhang en verkondig, […]

Lesse vir die Kerk uit Openbaring 2 en 3 – Smirna se vervolging

    Openbaring 2:8-11:       8 En skryf aan die engel van die gemeente in Smirna: Dít sê die eerste en die laaste, wat dood was en lewend geword het:  9 Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode […]

Die effek van die dwalinge van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk Deel 8 – Die gelowiges word beroof van hoop

Die kerk is ‘n draer van hoop, omdat Hy ontstaan het uit ‘n belofte wat met hoop gevul was. Reeds in Genesis 3 sien ons die hoop wat God bring midde in ‘n nou hopelose situasie. Die eerste twee mense het liederlik gefouteer en daarmee God se oordeel op hulle self, die ganse mensdom en […]

Die Kerkbode is nou volledig weg van die Bybelse standaarde!

Op 18 Mei 2012 plaas Kerkbode sy stel etiese kodes waarvolgens plasings en gesprekvoeringe gereguleer word. Die plasing het ‘n aanloop gehad deurdat ‘n besorge deelnemer ‘n ope brief gerig het aan die NG Kerk (4 Mei 2012). In hierdie brief word verwys na die integriteit van Jean Oosthuizen, die nuusredakteur van die Kerkbode. Dit het […]

Die effek van die dwalinge van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk Deel 6 – Die wêreld word bedrieg

Wanneer jy ‘n organisasie begin, is een van die vrae wat veral van die kant van die samelewing kom na die integriteit van daardie organisasie of beweging. So is dit ook die geval in enige geestelike beweging. Wat is die integriteit van daardie beweging? Is dit oop en eerlik met sy bedoelinge en met wat […]

Die effek van die dwalinge van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk Deel 5 – Die roeping van die Kerk word verdraai

Jesus het ‘n baie hoë doel gehad met die groep dissipels wat Hy rondom Hom versamel het. Hy was ook met hulle baie duidelik van die begin af oor wat hulle rol sou behels in die wêreld, maar die volheid hiervan het hulle eers besef nadat die Heilige Gees oor hulle uitgestort is. In Handelinge […]

Die effek van die dwalinge van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk Deel 4 – Duidelikheid van Skrif word afgebreek

  Ons lees die volgende aangrypende vers in Deuteronomium 30:11-14: “Want hierdie gebod wat ek jou vandag beveel, is vir jou nie te swaar nie en is nie ver nie. Dit is nie in die hemel nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die hemel opklim en dit vir ons gaan haal […]

Die effek van die dwalinge van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk Deel 2 – Objektiewe Waarheid word afgebreek

Ons is besig om te kyk na die effek wat die dwalinge van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk het. In die eerste deel het ek daarop gewys dat ‘n baie groot en negatiewe uitwerking is dat die Ontluikendes, in navolging van die Postmodernisme en in reaksie op die Modernisme, die objektiewe waarheid verruil vir […]