VERGEETBOEKE?? Die waarde van ons belydenisskrifte

Dr. Chris Saayman – NG Kerk Tafelberg (Hierdie praatjie is gelewer tydens die byeenkoms van die Kaapse Studiegroep op 15 Junie 2013 om die 450 jaar bestaan van die Heidelbergse Kategismus te vier) Alles verander gedurig. Dit bring soveel onsekerheid, ook oor die evangelieboodskap en die Bybel as sulks. Ís daar ooit iets soos waarheid? […]

Ken jou terme – Ecclesia Reformata Semper Reformanda

Hierdie vertrekpunt lê aan die hart van die Reformasie en word ondersteun en onderskrywe deur alle gelowiges en kerke wat die gees van die Reformasie navolg. Die uitdrukking is eerste gebruik deur Jodocus van Lodenstein (1620-1677) en kan letterlik uit die Latynse taal vertaal word as “die kerk hervormd, steeds hervormend.” Dit spel die pleit […]

Ken jou terme – Soli Deo Gloria

Oorsprong: Latyn soli, “alleen” + Latyn Deo, “God” + Latyn gloria, “heerlikheid” = “Aan God alleen die Heerlikheid” Die Reformasie het die duidelike boodskap van die Bybel hiermee herbevestig, naamlik dat God alleen die heerlikheid waardig is. Geen mens, geen instansie of organisasie, geen werk, geen vermoë, niks wat bestaan, sigbaar of onsigbaar, mag die […]

Ken jou terme – Sola Gratia

Oorsprong: Latyn sola, “alleen” + gratia, “genade” = “genade alleen” Teen die tyd dat Martin Luther sy 95 stellinge teen die kerk se muur gaan vasspyker het, het die Rooms Katolisisme ‘n redding voorgestaan wat nie meer op die voltooide werk van Christus alleen gebou was nie, maar die mens medeverantwoordelik gemaak het vir sy […]

Sola of Prima – Iets oor Scriptura

Mens sou nogal dink dat na die stryd waardeur ons voorsate gegaan het vir die behoud van die Woord van God en die gesag daarvan, daar konsensus sou wees oor sake soos Skrifgesag, inspirasie, openbaring, ens. Tog is dit nie die geval nie. Die Reformatore het baie sterk gepleit vir wat bekend sou word as […]

Die effek van die dwalinge van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk Deel 4 – Duidelikheid van Skrif word afgebreek

  Ons lees die volgende aangrypende vers in Deuteronomium 30:11-14: “Want hierdie gebod wat ek jou vandag beveel, is vir jou nie te swaar nie en is nie ver nie. Dit is nie in die hemel nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die hemel opklim en dit vir ons gaan haal […]