VERGEETBOEKE?? Die waarde van ons belydenisskrifte

Dr. Chris Saayman – NG Kerk Tafelberg (Hierdie praatjie is gelewer tydens die byeenkoms van die Kaapse Studiegroep op 15 Junie 2013 om die 450 jaar bestaan van die Heidelbergse Kategismus te vier) Alles verander gedurig. Dit bring soveel onsekerheid, ook oor die evangelieboodskap en die Bybel as sulks. Ís daar ooit iets soos waarheid? […]

Eienskappe van Dwaling – Lae siening van God se Woord

Om te weet hoe dwaling lyk en om dit te identifiseer is nie heeltemal so maklik in alle gevalle nie, juis omdat dit so baie naby aan die waarheid is. Dit is juis hierdie aspek wat dit nodig maak om te weet hoe dit lyk sodat dienooreenkomstig opgetree kan word. Daar is al hierna verwys, […]

Die effek van die dwalinge van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk Deel 8 – Die gelowiges word beroof van hoop

Die kerk is ‘n draer van hoop, omdat Hy ontstaan het uit ‘n belofte wat met hoop gevul was. Reeds in Genesis 3 sien ons die hoop wat God bring midde in ‘n nou hopelose situasie. Die eerste twee mense het liederlik gefouteer en daarmee God se oordeel op hulle self, die ganse mensdom en […]

Die effek van die dwalinge van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk Deel 7 – Die wêreld word bedrieg

In die vorige artikel het ek daarop gewys hoedat die Ontluikende Kerk vir die wêreld lieg wat betref die toestand waarin die mens verkeer as gevolg van die sondeval. Die ontluikendes bou maar slegs op die postmoderne basis van agnostisisme en ateïsme, en deur dit word die mens verhef tot goddelike status. Waarheid is hier hoegenaamd […]

Die effek van die dwalinge van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk Deel 5 – Die roeping van die Kerk word verdraai

Jesus het ‘n baie hoë doel gehad met die groep dissipels wat Hy rondom Hom versamel het. Hy was ook met hulle baie duidelik van die begin af oor wat hulle rol sou behels in die wêreld, maar die volheid hiervan het hulle eers besef nadat die Heilige Gees oor hulle uitgestort is. In Handelinge […]

Die effek van die dwalinge van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk Deel 3 – Objektiewe Waarheid word afgebreek

  Die Ontluikende Kerk se siening oor wat waarheid is, naamlik dat daar nie so iets is soos objektiewe waarheid nie, het geweldige groot implikasies vir die Evangeliese Kerk. Dit was nog altyd die belydenis van die Evangeliese Kerk dat die waarheid waaraan dit vashou en glo, ononderhandelbaar is. Trouens, Christus is die Waarheid. In […]

Die effek van die dwalinge van die Ontluikende Kerk op die Evangeliese Kerk Deel 1

Daar is uiteenlopende sieninge en natuurlik dan ook reaksies oor die meriete, die voor- en nadele en die legitimiteit van die Ontluikende Beweging in die kerk. Hierdie reaksies is varieer van totale afwysing tot totale aanvaarding (en daar sal altyd diegene wees wat ‘n “gebalanseerde” middeweg of kompromie sal soek). Ek het al oor Prof. Nelus […]