Oorsprong: Grieks poli, “baie” + theos, “god”

Hierdie is die klassieke veelgodedom, met ander woorde daar is baie gode en hulle werk op verskillende wyses saam (en selfs teenmekaar) om die werklikheid wat ons van dag tot dag beleef, tot stand te bring. Hiervolgens is daar baie beperkte gode wat elk oor veskillende aspekte van die heelal invloed uitoefen. Elke godheid word dan vereer as die opperwese van daardie spesifieke aspek waaroor hy / sy beheer uitoefen. Binne hierdie beskouing is die geslagtelikheid van die gode natuurlik ‘n belangrike eienskap, byvoorbeeld “Moeder Aarde”, “Isis”, “Athena”, ens. Hierdie gode kan hul ontstaan in die natuur hê, ander weer is mense wat tot godheid ontwikkel het.

Mormonisme is seker die bekendste politeïstiese godsdiens (moontlik ook die grootste in die westerse kultuur). Hier is hoe hulle die ontwikkeling van hulle god beskrywe:

God himself once was as we are now, and is an exalted man, and sits enthroned in yonder heavens! … Here then is eternal life—to know the only wise and true God; and you have got to learn how to be gods yourselves … the same as all gods have done before you.1

 

Footnotes

1. Joseph Smith, Jr., The History of the Church of Jesus Christ of Latter-day Saints (Salt Lake City: Deseret Book Co., 1976), 6:305–306 aangehaal in Geisler, Norman L & Ronald M. Brooks, When Skeptics Ask, (Baker Books, 1996), 38.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *